Wouter se Watergat

2019-01-17 06:02

Wat ek wel weet, is dat sommige eetplekke nie naastenby so goed soos gewoonlik gedoen het nie. Ander voel heel tevrede. Ek bly egter by my mening dat die Suidkus te veel eet- en kuierplekke het. Kompetisie is goed vir gehalte en diens, die Watergat hou sy klante, en van die ander ook. Iewers maak dit egter nie sin dat daar bv. nog ‘n pizzaplek in Shelly Beach bygekom het nie. Toegegee, ‘n sterk handelsmerk, maar ons sal moet sien wat buite seisoen gebeur. Iewers elders sal ‘n ander kuierplek dan moontlik sy deure sluit.

Ons het lekker krieket gekyk, en was verheug oor die spogvertoning van veral die Proteas se boulers. Die kolwers is ietwat wisselvallig, en die groot toets kom later teen Engeland, Australië en Indië. ‘n Groot besprekingspunt was die twee vangskote van die Pakistani’s wat eers toegelaat is, maar later deur die TV-skeidsregter omgekeer is. Waaroor die bohaai was, kan ek glad nie verstaan nie. Dit was duidelik dat die bal in albei gevalle grond geraak het, en veral iemand wat self krieket gespeel het, weet dit, of behoort te weet. Daar was ‘n baie goeie rede waarom Temba Bavuma bly staan het nadat hy uitgegee is. Hy kon met sy eie oë sien die bal het gras geraak. Soos ekself waar ek agter ons toonbank gestaan het.

Die kommentators, self krieketspelers van formaat jare gelede, daarenteen, het gepraat oor die onsekerheid, die omstredenheid en hoe jammer hulle vir die Pakistani’s was. Iets wat ekself, en verskeie kranige spelers op hul dag, mateloos geirriteer het en gladnie kon verstaan nie. Vra enige ervare speler, en die uwe het self op sy dag gespeel: Jy weet wanneer daardie bal gras geraak het. Selfs net effens. Jy voel dit. Jy weet dit. Dan moet jy dit so aandui. Maar deesdae, selfs met die moderne tegnologie, vat hulle kanse, en raak omgesukkeld as hulle nie hul sin kry nie. Daar moet dissiplinêr teen hierdie spelers opgetree word. Hierdie saak is nog lank nie verby nie. Dit gaan weer gebeur.

Ons loopstorie kom van Jan Daneel van Bloemfontein: Die onnie lyk kwaad toe hy sê: “Jannie, sê nou dadelik vir my of dit jy was wat gister in my appelboom geklim het om appels te steel.” Jannie: “Meneer, ek kan nie lekker hoor hier in die agterste ry nie.” Die onnie antwoord sarkasties: “Goed. Kom sit hier voor my op die stoel, dan gaan sit ek op jou plek in die agterste ry en dan vra jy my iets.” Hulle ruil plekke, en Jannie vra: “Meneer, wie het gisteraand by my ma gekuier terwyl my pa nagskof gewerk het?” Onnie: “Jy’s reg Jannie, hier agter kan ‘n mens glad niks hoor nie.”

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.