27 Addo-olifante verskuif na nuwe weivelde

2018-07-26 06:01
Die trop olifante word na ’n boma aangejaag waar hulle gehou sal word totdat hulle oor sowat ’n week na die Darlington-gedeelte van die Addo-olifantpark geskuif sal word.

Die trop olifante word na ’n boma aangejaag waar hulle gehou sal word totdat hulle oor sowat ’n week na die Darlington-gedeelte van die Addo-olifantpark geskuif sal word.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

n Reuse-operasie het in die Oos-Kaap begin om ’n trop van 27 olifante te verskuif na ’n gebied in die Addo- olifantpark waar dié diere 150 jaar gelede voorgekom het.

Luke Barritt, projekbestuurder van die bewaringsorganisasie Network for Animals, het gesê daar is sowat 800 olifante in die hoofkamp van Addo en die besluit om dié trop te hervestig is geneem om die druk op die omgewing te verminder.

“Addo is ietwat oorbevolk,” sê Barritt.

Volgens hom sal die trop, wat bestaan uit die matriarg, volwasse koeie met kalfies, bulle en tieners, na die Darlington-deel van Addo verskuif word.

Hoewel Darlington deel van die groter Addo-olifantpark is, word dit deur paaie, spoorlyne en heinings van die res van die park geskei.

Barritt sê die trop sal nou “in rus en vrede” in ’n gebied van 42 000 ha kan leef, speel en teel.

Hy sê daar was laas in die 1800’s olifante in dié deel van die park.

Die olifante word nou in ’n groot boma in Addo aangehou en #OperasieJumbo sal op 31 Julie begin en op 1 Augustus eindig.

Gevolglik is Network for Animals, wat deur sowat 400 000 lede wêreldwyd gesteun word, nou in die proses om vragmotors en helikopters te huur sodat die olifante vervoer kan word.

Lynette Arcus-Andre, woordvoerder van die organisasie, sê die tien bulle sal eerste vervoer word, waarna die koeie, kalfies en tieners sal volg.

Sy sê hoewel Darlington naby Addo is, sal die vervoer van die diere byna vyf uur neem.

Barritt sê #OperasieJumbo word in samewerking met Sanparke onderneem.

Hy wys daarop dat Darlington in die verre noordelike deel van Addo is en dat dit baie ver is van enige gebied waar stropery dalk mag voorkom.

Volgens hom word Addo se olifante nie tans deur stropers geteiken nie omdat die bestuur van die reservaat baie “wakker” is en onder meer hommeltuie gebruik word om die diere te beskerm.

Professionele veldwagters en wildveeartse sal deel van die operasie wees.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.