4x4 Pogings om agteroor te ‘vlieg’

2019-04-11 06:01
=Skermgrepe van Lukas Holtzhausen, SA 1 4x4 ekstreem uitdaging-deelnemer se poging om ’n 360 grade tuimel met sy voertuig te maak. Hy was nie suksesvol nie en die voertuig het op sy dak beland. Saterdag gaan Karel Spangenberg en Jacques Swarts probeer om met hulle voertuie dié 4x4 bollekamiesie reg te kry.     Fotos: VERSKAF

=Skermgrepe van Lukas Holtzhausen, SA 1 4x4 ekstreem uitdaging-deelnemer se poging om ’n 360 grade tuimel met sy voertuig te maak. Hy was nie suksesvol nie en die voertuig het op sy dak beland. Saterdag gaan Karel Spangenberg en Jacques Swarts probeer om met hulle voertuie dié 4x4 bollekamiesie reg te kry. Fotos: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

BOLLEMAKIESIE met ’n 4x4 voertuig! Ja, 360 grade in die lug om weer op vier wiele te land, is wat Saterdag aangepak gaan word by die jaarlikse BLG Wings & Wheels aksiebelaaide buitelugfees op Uitenhage.

“Dit sal ’n eerste in Suid-Afrika wees waar die televisiekameras gaan rol terwyl ’n 4x4 voertuig teen ’n vraghouer opry in ’n poging om agteroor te tuimel en weer op sy wiele te land,” sê Karel Spangenberg van Eastern Cape 4x4 Challenge Club.

Lukas Holtzhausen, Suid-Afrika se voorste 4x4 ekstreem-uitdaging-deelnemer het dié truuk probeer maar kon net-net nie die 360 grade voltrek nie. Hy het ongedeerd daarvan afgekom, maar die 4x4 voertuig nie.

“So, noudat Lukas se voertuig uit is, gaan ek en Jacques Swarts dit probeer en hopelik land ons op ons wiele om verder te kan ry.

“’n Voertuig moet teen ’n spoed van onge-veer 20km/h teen die helling van 45 grade opry. Die helling word 90 grade en kraglewering moet die momentum gee om die voertuig te laat omtuimel,” sê Spangenberg, wat met sy Total Chaos kragmonster dié 4x4 bollemakiesie gaan aanpak.

Dié waaghalsige truuk is deel van die Römer Extreme 4x4 uitdaging wat deur Eastern Cape 4x4 Challenge Club by die Uitenhage-vliegveld aangebied word.

Deelnemers aan die interklub-byeenkoms kom van regoor die land en sluit klubs in soos Eastern Cape 4x4 Challenge Club, George Rebel Club, Wildebeest uit die Wes-Kaap, Grens, Crockerts Hope en klubs van Johannesburg. Daar is ook deelnemers wat nie aan klubs behoort nie.

“Daar is wilde walle. Al die uitdagings op die baan is nuut. Van die gate is so diep ons is net duskant Sjina. Die quarter pipe is massief, dit is nou ongeveer 15 meter hoog waaruit die voertuie moet kom. Dit is baie wild, maar ons sien uit, dit gaan lekker wees,” sê Spangenberg.

Dié 360 grade 4x4 bollemakiesie gaan Saterdag om 12:00 en weer om 15:45 aangepak word. Die ekstreem-uitdaging-kompetisie begin reeds om 08:00 en 70 voertuie het reeds ingeskryf.

Ander aktiwiteite van die dag sluit in ’n verskeidenheid vliegtuie wat besigtig kan word, vliegtuig- & helikopterritte, kunsvliegvertoning deur Patrick Davidson (12:00), valskermspronge, motorklubs, motorfietsklubs, motorfietswaaghalse (10:30 & 15:00), ’n klankkompetisie, kosstalletjies en musiek.

Die hekke open om 08:00 en verskeie plaaslike sangers sal deur die dag optree met die nasionale kunstenaars wat vanaf 17:00 gehoor gaan word. Hulle is Wicus van der Merwe, Demi Lee Moore, Monique Steyn, Elizma Theron en Kurt Darren.

1

2

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.