Die investering van die Klinicare Apteek-groep in Despatch en die bou van ’n ruim apteek, is ’n bewys van sakeman Nico Eyre se sakevertroue in dié dorp.
Klinicare Despatch is een van 14 Klinicare apteke in die Nelson Mandela Metropool. Dié reuse 500m² apteek in die dorp se hoofstraat bied nou ’n groter verskeidenheid produkte en meer dienste aan.
“Despatch is ’n dorp wat ’n bekostigbare leefstyl bied. Hier is koopkrag en die Klinicare Apteek-groep gaan uit sy pad om die gemeenskap te dien met goeie pryse en professionele diens,” het Nico Eyre, eienaar van Klinicare Despatch-apteek gesê.
Klinicare Despatch se personeelspan bestaan uit 30 mense met spesialispersone wat produkreekse ken en professionele advies verskaf.
Diens is vir ons belangrik
“Ons het in die regte personeel belê. Die apteek se handelsnaam is sterk, maar dit gaan nogsteeds oor mense wat by mense koop. Daarom is vriendelike, professionele en effektiewe diens vir ons baie belangrik.”
Volgens Eyre is daar ’n groot behoefte aan klinieke sedert die staat gesinsbeplanning weggeneem het van die privaat sektor.
Klinicare-apteke het die behoefte geïdentifiseer en verskaf daarom kliniekdienste. By die Despatch-tak is daar twee voltydse klinieksusters wat elk oor dekades se ervaring beskik. Hulle help met basiese mediese dienste soos die toediening van inspuitings, neem van bloeddruk, cholesterol- en suikervlakke en minder ernstige noodgevalle.
Sport aanvullers
Klinicare is boonop deeglik bewus van Despatch-inwoners se voorliefde vir sport en bied nou ’n uitgebreide reeks proteïen-sportaanvullers aan soos USN en NutriTech produkte.
Gratis aflewering
Tot diens van Klinicare Despatch se kliënte is daar drie voltydse afleweraars wat gratis aflewering doen op Despatch, Uitenhage sowel as op Jansenville en Steytlerville.
Eyre is bekend vir sy dryf om Klinicare Apteke sinoniem te hou met gemeenskapsbetrokkenheid. Van die projekte waarby hulle betrokke is sluit in die rolstoelprojek, Elana Hanekom-fondsinsamelprojekte, projekte by skole, tehuise, sportklubs en Wings andamp; Wheels lugskou.
Klinicare het selfs ’n reuse 5m x 8m opblaas-poort as begin- en eindpunt wat hulle beskikbaarstel vir sportgeleenthede.
Dankie vir ondersteuning
“Ons doen iets reg, want die apteek is altyd besig selfs na-ure,” het Nico gesê.
Hy bedank graag die personeel, kliënte en gemeenskap vir hulle ondersteuning van Klinicare Despatch.
Klinicare Despatch is die borg van die volgende aktiwiteite op die kalender vir 2015:
V5 September - Jansenville, Angora MTB bergfiets-uitdaging
V12 September - Despatch Atletiekklub padwedloop en pretloop
V24 Oktober - Hoërskool Despatch Damestee, gasspreker Lindi Strydom, kaartjies by die skool beskikbaar.
)Besigheidsure: Weeksdae 08:30-20:00, Saterdae 08:30-17:00, Sondae 09:00-14:00.
Navrae: 041 933 2109