‘n Peuter- en Kleuter-kompetisie word op 5 September aangebied deur Bollie Bewaarskool by die Laerskool Albertyn.
Die kompetisie dien as ‘n fondsinsameling vir die skool en daar is ses kategorieë van deelname. Die eerste drie deelnemers in elke kategorie sal bederf word met pryse.
Die kategorieë is as volg: 0-6 maande; 7-12; 13-18; 19-24 maande; 2-3 jaar en 4-5 jaar.
Inskrywings is beskikbaar by Bollie Bewaarskool (041 922 8402), Fairbridge Apteek en Valerie van der Berg (041 922 0711 of 072 910 4583).
Die sluitingsdatum is 2 September 2015 en die inskrywingsfooi is R25 per kind. Die kompetisie begin 5 September om 11:00 en fotos sal vanaf 10:00 geneem word.
Daar sal ook ‘n praatjie wees oor babagim deur Ilze Roth asook oor Braingain deur Adele Voges-Jansen van Vuuren.
Verversings sal te koop aangebied word