Boosdoeners se ‘voorliefde’ vir mark se borde

2015-09-24 06:00

Die Uitenhage Mark is gestig met die doel om plaaslike entrepreneurs die geleentheid te bied om ‘n inkomste te verdien deur hulle hand- en kunswerk of enige ander produkte te verhandel.

Dié buitelug mark se gewildheid neem steeds toe en klaar-blyklik ook boosdoeners se ywer om van die Uitenhage Mark se advertensieborde te “neem”.

“Twee maande gelede het ek agtergekom ons borde raak weg. Ek het die munisipaliteit gekontak, maar dit was nie hulle wat dit verwyder het nie,” sê Lilly de Jong, organiseerder van die Uitenhage Mark.

“Dit is vreemd dat op pale waar daar nog ander plakkate is, nét die mark-borde afgehaal word. Dit is ook vreemd dat net die borde op Uitenhage voete kry, maar op Despatch is al die borde nog op.”

Die publiek word versoek om op die uitkyk te wees vir dié boosdoeners wat die borde verwyder en om De Jong te kontak indien hulle enige inligting het oor waar die borde is.

“Die mark bied mense die ge-leentheid om ‘n inkomste te verdien. Hier is van die uitstallers wat afhanklik is van die geld wat hulle hier by die mark maak. Ons gebruik die borde juis om die publiek bewus te maak en uit te nooi om die uitstallers te kom ondersteun,” sê De Jong.

Die Uitenhage Mark word elke eerste Sondag van die maand by Willowdam gehou. Daar is tans sowat 200 uitstallers wat op markdae hulle stalletjies opstel.

)Vir meer inligting bel Lilly de Jong by 076 345 9935

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.