DP seun is top jong wetenskaplike

2015-10-15 06:00
=Malan Steenkamp, by die toestel waarmee hy aangewys is as die beste jong wetenskaplike by die Eskom nasionale expo in Johannesburg. Daar was ‘n totaal van 17 000 inskrywings van regoor die land.

=Malan Steenkamp, by die toestel waarmee hy aangewys is as die beste jong wetenskaplike by die Eskom nasionale expo in Johannesburg. Daar was ‘n totaal van 17 000 inskrywings van regoor die land.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Malan Steenkamp, hoofseun van die HTS Daniel Pienaar, is onlangs in Johannesburg aangewys as die algehele wenner in die finale rondte van Eskom se nasionale expo vir jong wetenskaplikes.

“Wat die prestasie baie besonders maak is die feit dat daar ongeveer 17 000 deelnemers landwyd was wat aan die streeksuitdunne deelgeneem het,” het Nico Claassen, skoolhoof van HTS Daniel Pienaar gesê.

Ná die streeksuitdunne is 570 deelnemers na die finale rondte in Johannesburg genooi. In die finale rondte is 360 projekte beoordeel en by sommige projekte was meer as een deelnemer betrokke.

By die prysuitdeling, ná die beoordeling, is die gesogte Dr. Derek Gray Memorial Award vir die algehele wenner aan Steenkamp oorhandig. Hy het ‘n volle beurs vir ingenieurstudies aan die Universiteit van Pretoria ontvang.

Steenkamp is ook genooi na die internasionale jeug wetenskap-seminaar wat in Stockholm, Swede, gehou word vanaf 4 tot 11 Desember. Daarna sal hy ook die Nobel-prysuitdeling in Stockholm bywoon.

“Die konsep van Malan se inskrywing was ‘n karretjie (Lightning Strom 2) wat met ‘n lig en videokamera toegerus is. Dié karretjie kan via internet, vanaf enige plek in die wêreld beheer word om beeldmateriaal te neem. Dit word geaktiveer deur ‘n rekenaar of selfoon,” het Claassen verduidelik.

Dit is ‘n ideale toestel om ’n ogie te hou oor belange terwyl jy elders is.

“Die personeel, leerders ouergemeenskap van DP is baie trots op hierdie uitsonderlike prestasie van Steenkamp. Veral omdat dit die eerste keer in die geskiedenis is dat hierdie toekenning aan ‘n deelnemer gemaak is, wat die eerste keer aan die Expo deelgeneem het,” het Claassen gesê.

Steenkamp gaan in 2016 megatroniese ingenieurswese by Tukkies studeer.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Man scores date with tennis superstar after Twitter bet

It’s a modern day Cinderella story, but one American man took ‘shoot your shot’ seriously in 2017.

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.