Gerber se rugby in Engeland vereer

2015-10-15 06:00
Hul name is verewig in die Heldesaal van Wêreldrugby in Engeland. Danie Gerber (links) is een van vyf Suid-Afrikaners wat vanjaar met dié toekenning vereer is. Langs Gerber is Naas Botha en Morné du Plessis (regs). Vereer in die Heldesaal van wêreldr

Hul name is verewig in die Heldesaal van Wêreldrugby in Engeland. Danie Gerber (links) is een van vyf Suid-Afrikaners wat vanjaar met dié toekenning vereer is. Langs Gerber is Naas Botha en Morné du Plessis (regs). Vereer in die Heldesaal van wêreldr

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die “Doring van Despatch” het nou wel net 24 keer vir die Springbokke uitgedraf, maar die indruk wat hy op rugby gemaak het was genoeg om sy naam langs spelers wat meer as 100 toetse agter hul name het, in die Heldesaal van rugby te laat pryk.

Danie Gerber het onlangs een van vyf Suid-Afrikaners geword wat in die Wêreldrugby Heldesaal in Engeland opgeneem is.

“Die eer is nie iets wat ek verwag het nie, want ek het nie só baie vir die Springbokke gespeel nie,” het Gerber, wat pas uit Engeland teruggekeer het, gesê.

“Ek is nie seker oor die presiese vereistes van die toekenning nie, maar ek vermoed daar word na jou as rugbyspeler se prestasies van toetse, punte en as ambassadeur vir jou land gekyk.”

Gerber het 19 toetsdrieë gedruk.

Naas Botha, Morné du Plessis, Hennie Muller en Joost van der Westhuizen is ook vereer in ’n geleentheid wat Gerber as allermins ’n glansaand met stywe dasse en pakke bestempel het.

“Dit is ’n aand waar al die goeie rugbywedstryde onthou word.

“Ons praat beslis nie oor pyne en skete nie – want dié het ons mos nie – ons praat oor die goeie duikslae en daai bal wat dalk vorentoe aangegee was, maar steeds ’n drie veroorsaak het,” het Gerber laggend gesê.

Toe die rugbystaaltjies opgedroog het, het die gesprek na die “groot verskil” van deesdae se rugby gedraai.

“Daai tyd het ons manne so twee dae voor die tyd eers bymekaar gekom om te oefen. Elke dag wat ons weg gespeel het, het ons maar R100 verdien.

“Vandag het spelers al die nodige geriewe, hulle verdien duisende rande. Dit het ’n beroep geword. Hulle oefen weke, soms maande voor die tyd saam. Daar is geen rede om te verloor nie,” het Gerber geskerts.

En terwyl Gerber oor verloor praat, kan hy nie help om die oomblik te herroep toe die Springbokke in hul openingswedstryd in vanjaar se Wêreldbekerwedstryd teen Japan verloor het nie.

“Ek was daar, dit was intens. Om by die stadion uit te stap en te weet ons het teen Japan verloor, was erg.”

Tog bly Gerber positief oor die Springbokke se kans om die wêreldbeker vir ’n derde keer te verower.

Gerber het ook gesê die “goeie spelers” soos Schalk Burger en Bryan Habana se name sal ook moontlik eendag in die Heldesaal pryk

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.