Gewilde TV aanbieder by sportprysuitdeling

2015-08-13 06:00
=Angelique Gerber en Jacques Potgieter, ’n oud-leerder van HTS Daniel Pienaar, het verlede Vrydag verloof geraak. Sy is vanjaar die spreker by DP se jaarlikse sportprysuitdeling wat op 20 Augustus gehou word. 
Foto:
FACEBOOK

=Angelique Gerber en Jacques Potgieter, ’n oud-leerder van HTS Daniel Pienaar, het verlede Vrydag verloof geraak. Sy is vanjaar die spreker by DP se jaarlikse sportprysuitdeling wat op 20 Augustus gehou word. Foto: FACEBOOK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Bekende Boer Soek ’n Vrou televisiepersoonlikheid Angelique Gerber is vanjaar die gasspreker by HTS Daniel Pienaar se jaarlikse sportprysuitdeling wat op 20 Augustus gehou word.

Angelique is ’n vrou van vele talente en het in haar vroeëre jare aan die wêreldkampioenskappe vir sportaerobiese oefeninge deelgeneem. Sy het ook SA-kleure vir akro-gimnastiek ontvang en het haar gevorderde balleteksamen aan die Royal Academy of Dancing voltooi.

Dit is egter as aktrise waar sy haar naam gemaak het. SA ken haar as 7de Laan se Clara en as die aanbieder van Boer soek ‘n vrou.

Televisie is egter nie Ange- lique se enigste genre nie en sy het ook teater, kortfilm en filmervaring opgedoen. Filmwerk is waarop sy nou veral fokus.

Afgesien van al haar bedrywighede is Angelique ‘n mode-ontwerper wat reeds Rooi Tapyt-, bikini- en sportdragreekse bekendgestel het.

Sy het een ding in gemeen met HTS Daniel Pienaar en dit is Jacques Potgieter.

Die internasionale rugbyheld en oud-DP leerder het verlede Vrydag Angelique om haar hand gevra en verloof geraak.

NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
Most Read
News In Your Area
Top Lifestyle
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.