Lugskou eindig met rare resies

2015-04-30 15:17
;Russel Phillips in sy Whisper X. 
Foto:
 WHISPER AIRCRAFT

;Russel Phillips in sy Whisper X. Foto: WHISPER AIRCRAFT

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

‘n Eerste van sy soort wedywering op Uitenhage tussen ’n vuurwarm ses-silinder Corsa en vaartbelynde Whisper X-vliegtuig, het skare angstig op hulle voete gehou tydens verlede naweek se Wings en Wheels-fees en Doug Davidson Memorial-lugskou buite dié dorp.

Die voormalige Suid-Afrikaanse ovaalbaankampioen Pieta Victor het in sy rooi en wit 2.1 gemodifiseerde ovaalbaankar die vlieënier Russel Phillips in sy selfgeboude Whisper X vliegtuig die stryd aangesê in rondes oor ’n grasserige 4km lange aanloopbaan by die Uitenhage vliegveld.

“Ons het op en af teen mekaar resies gejaag. Dit het goed gegaan en ek kon ’n spoed van net so onder 200km/h op die 1km pylvak haal voor ek moes spoed verminder om om te draai,” het Pieta Victor opgewonde gesê.

Phillips in sy Whisper, met ’n vlerkspan van 8meter en maksimum spoed van 175 knope, moes ’n veel wyer draai maak om weer oor die aanloopbaan die Corsa in te haal.

Dit het Victor elke keer kans gegee om voet in die hoek te sit en die voortou te vat.

“My kar het bly spin en die vliegtuig was voor. So 100m voor elke draaipunt moes ek stadiger anders sou ek nie my draai maak nie.”

In die voorlaaste kilometer voor elke draai-slag het Phillips, in volle vaart,die vliegtuig se handversneller platgetrek en die Corsa ore aangesit.

Maar hoe vinniger Phillips gevlieg het, hoe wyer moes hy in die lug gaan draai om terug te keer vir die volgende ronde. So, in die laaste pylvak het die Corsa ’n goeie voorsprong van 300m gehad.

“Dinge het net mooi begin lyk. Dit was so amper, amper! En toe sien ek die vliegtuig se skaduwee!”

Uiteindelik het die Corsa en die Whisper gelyk die wenstreep oorgesteek!

Lourens Kruger, organiseerder van die jaarlikse Wings en Wheels-fees en Doug Davidson Memorial-lugskou het gesê vanjaar se fees was “’n baie groot sukses. Alles het veilig en sonder enige insidente afgeloop en die besoekersgetalle was goed.”

“Hoogtepunte? Alles was hoogtepunte, maar dit was ’n besondere voorreg om die Davidsons se Mustang, Hawker Sea Fury en Sukhoi hier te kon hê.

“Patrick Davidson is uitstekend gaan verseker dié jaar die wêreldkampioen kunsvlieënier wees.”

Kruger bedank al die borge, deelnemers en publiek vir hulle ondersteuning en het gesê hulle het gister reeds hulle eerste vergadering gehou vir die Wings en Wheels-fees van 2016. -Heilie Combrinck

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Man scores date with tennis superstar after Twitter bet

It’s a modern day Cinderella story, but one American man took ‘shoot your shot’ seriously in 2017.

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.