Martin-egpaar glo ‘jy gaan slaap nie kwaad nie’

2015-07-30 06:00
=Daphne en Douglas Martin vier vandag hulle 60ste huweliksher- denking. 
                                                   Foto:
HEILIE COMBRINCK

=Daphne en Douglas Martin vier vandag hulle 60ste huweliksher- denking. Foto: HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Vandag, 60 jaar gelede, het Douglas (88) en Daphne (83) Martin in die Uitenhage Congregational kerk se gang afgestap en mekaar trou belowe.

Pastoor Jafta het op 30 Julie 1955 dié huwelikseremonie behartig en hulle seën toegewens. Geseënd was dié egpaar voorwaar met vyf seuns wat uit die huwelik gebore is, sewe kleinkinders en twee agter-kleinkind-ers. Een van hulle seuns is egter op ’n baie jong ouderdom oorlede.

Die raad wat die Martin-egpaar gee vir ’n lang gelukkige huwelik is dat, “’n Mens moet stry om tot ’n verstandhouding te kom.

“Om te verskil laat ’n mens gesels. Maar jy moet nooit kwaad gaan slaap nie!”

Een van hulle seuns, Le-Roy Martin sê, “Ek sien al 47 jaar wat hulle dryf om 60 jaar bymekaar te wees. Die een sê so en die ander een sê ‘ja maar ek het so gesê’. En dan praat hulle aanmekaar tot die verskil uitgesorteer is.”

Daphne vertel dat sy soms ongeduldig is en dat “sewe sakke sout” deel is van ’n huwelik.

Douglas was ’n bekende messelaar van beroep.

Hy glo dat net soos ’n stewige fondasie nodig is vir ’n gebou, behoort ’n huwelik ook op ’n ste- wige fondasie gebou te word wat bestaan uit geloof, hoop en liefde.

“Hierdie huis van ons hier op Uitenhage se fondasie is 1.2 meter diep. Die huis staan so stewig soos ’n rots. Ons huwelik is dieselfde, dit is diep gegrond op vaste beginsels,” het Douglas gesê.

Douglas Martin was een van die messelaars wat deel was van die bouspan wat Volkswagen van Suid-Afrika se eerste gebou hier op Uitenhage opgerig het.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.