‘Niemand se geskiedenis moet afgebreek word nie’

2015-04-30 15:17

Opgerig ná die oorlog tussen Boer en Brit, verlede Donderdag verskroei deur die EFF en Maandag skoongeskrop deur die ANC.

Die soldate-standbeeld op Uitenhage Markplein het sedert sy oprigting in 1904 nog nie soveel opslae gemaak as die afgelope paar dae nie.

Christian Martin, ANC-LPW, het Maandag met skroplap in die hand die roet van die standbeeld help weg was. Hy het gesê geskiedenis vertel van waar ’n mens kom en wat gebeur het.

“Daarom het ons besluit om die standbeeld skoon te maak. Die ANC moet die leiding neem as die regerende party om te verseker dat elke kultuur se geskiedenis bewaar bly.

“Foute van die verlede moet jou lewe verander om te voorkom dat dit weer gebeur. Niemand se geskiedenis moet afgebreek word om ’n ander s’n te bevoordeel nie.”

Martin het verlede Dinsdag ’n oproep gedoen dat die standbeeld van Koningin Victoria voor die Baaise hoofbiblioteek vir een van die Khoisan-leier David Stuurman moet plek maak.

Maandag het hy gesê mense wat apartheid en koloniale standbeelde wil beskadig moet liewer ’n bydrae lewer tot die geskiedenis as om af te breek en te vernietig.

“Ons vier vanjaar die 60ste jaar van die Vryheidsmanifes wat duidelik beskryf Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin woon, wit, swart of bruin, ons almal hoort hier.

Gert Steenkamp, opperhoof van die Khoisan, het blare van plante gebrand wat as reiniging moes dien vir die skade wat aan die soldate-standbeeld aangerig is.

Twee jong seuns, Michael en Zander Kilian, het met die skoonmaakproses gehelp. Volgens hul pa, Pieter, was hy en sy seuns op pad om te gaan bal skop toe hulle met die verbygaan die skoonmaakproses opgemerk het.

“Die seuns het dadelik gesê hulle wil gaan help, want hulle glo dis die regte ding om te doen,” het Kilian gesê.

Ondanks die EFF se aanspraak dat hy agter die brand van die beeld sit, is niemand nog daarvoor in hegtenis geneem nie

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.