Oud-skeepsingenieur bou skaalmodel van sy lieflingskip

2015-09-10 06:00
andlt;Nic Bakker by sy 1:100 skaalmodel van die MS Straat Makassar voor die ter water lading. Die nooiensvaart (links onder) op die Uitenhage munisipale swembad.   
FOtoS:
HEILIE COMBRINCk

andlt;Nic Bakker by sy 1:100 skaalmodel van die MS Straat Makassar voor die ter water lading. Die nooiensvaart (links onder) op die Uitenhage munisipale swembad. FOtoS: HEILIE COMBRINCk

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Op 79-jarige ouderdom het Nic Bakker die hoogste vrystaande berg in Afrika, Kilimandjaro, geklim. Op 80 spring hy uit ’n vliegtuig vir sy eerste tandem-valskermsprong. Op 82 bou hy ’n skaalmodel van die eerste skip wat hy as jong skeepsingenieur beman het.

“Kyk hier wat is die eerste inskrywing in my monsterboekje (Nederlandse seevaartbewysboekie) ‘31 Augustus 1951, Straat Makassar, Apprentice Engineer’,” sê Nic Bakker van Uitenhage, wat eens as skeepsingenieur meeste van die oseane en seë deurkruis het.

“Dit was my heel eerste vaart as jongman en op my lieflingskip se nooiensvaart van Rotterdam na Singapoer.”

Hy het gewik en geweeg of hy die selfopgelegde taak gaan aanpak om ’n skaalmodel van die 143.78 meter lange passasier-vragskip Straat Makassar gaan bou.

“Shaun Gilbert het my oorreed om dit te doen! Toe begin die soektog om die oorspronklike planne te kry.

“Ek het een van my mede-seemanne in Holland gebel en gesê ‘luister, het jy nog daardie boek met die planne van Straat Banka?’ Hy sê toe ja. Geen probleem! Maar hy soek dit terug.”

Drie dae later het Bakker met die planne van MS Straat Banka, die identiese susterskip van MS Straat Makassar, in sy hand gestaan.

Toe begin die fyn beplanning en nog fyner afmetings en bouwerk op ’n skaal van 1:100. Dit het Bakker ’n jaar geneem om sy lieflingskip te bou.

“Die bouwerk was ’n hele ontdekkingsreis. Ek moes improviseer omdat modelskeepsbou nou nie juis groot in Suid-Afrika is nie. Nadat ek die romp gebou het, was dit swembad toe met dié 1.5 meter lange skip om te kyk of sy gaan dryf of duik.

“Dit was ’n gelukskoot, want die romp kon nog 15mm sink tot by haar waterlyn en dit was genoeg om gewig van die dek en alles wat nog daarop moet kom, te dra.”

Om die skaalmodel koperskroef aan te dryf, het Gilbert vir Bakker gehelp om die enjin van ’n afstandbeheerde modelvliegtuig in die romp te installeer.

“Ons moes die enjin modifiseer en baie stadiger maak, anders sou dié skip soos ‘n spoedboot jaag en gat slaan.”

Dit moes seker ‘n aardige bedraggie gekos het om die MS Straat Banka-skaalmodel te bou… Bakker lag. “Het liefde ‘n prys? Maar ja, ek het presies boekgehou. Met die draaibank, al die gereedskap, ’n skroefie hier en ’n boudjie daar het dit my so R30 000 uit die sak gejaag om my lieflingskip te bou.”

So tussendeur die bouwerk het goeie herinneringe Bakker se gedagtes gevul en hy wys op die skaalmodel waar sy skeepskwartiere was, en op ’n foto die drie jong skeepsingenieurs in hul uniforms (hy was toe slegs 18 jaar oud) voordat Straat Makassar op haar nooiensvaart gegaan het.

Hy vertel van die roete tussen Singapoer en Sydney en die asemrowende tonele by die Barrier Reef. En die haai met die hap uit sy vin, wat elke drieweek-vaart met sowat 5 000 skaap aan boord tussen Fremantle (Perth) en Singapoer vergesel het tot by Straat Sumatra, om die skape wat vrek en oor boord gegooi word kon te vreet.

Die skaalmodel van Straat Makassar is onlangs ten aanskoue van vriende en belangstellendes in die Uitenhage munisipale swembad ter water gelaat. Die seremonie was eg-tradisioneel met die uitroep van die naam en skiet van die vonkelwynprop voor Straat Makassar haar pad deur die swembadwater oopgeklief het.

Op ‘n vraag of daar nog ’n skip op sy te-doen-lys is, antwoord Bakker: “As jy eenmaal iets gedoen het, dan het jy jou voldoening gehad.”

)

Straat Makassar is in Rotterdam gebou en op 18 Augustus 1951 aan die Koninklike Paketvaart Maatschaapij afgelewer. Sy het tussen Indië en Australië gevaar via Asië en Sri Lanka en is later herdoop na MS Tjinegara (1956), United Ensign (1977). Sy is in 1978 verkoop aan Pakistan en in 1979 verskroot. Die MS Straat Banka het gevaar tussen Yokohama, Hong Kong al langs die Ooskus van Afrika, selfs in Port Elizabeth aangedoen, Kaapstad en dan na Suid-Amerika tot by Buenos Aires en weer terug

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

6 myths about male cancer

It is important to be aware of the most prevalent cancer diseases amongst men in our country.

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.