‘Ouma’ Mina dans op haar 100ste verjaardag

2015-04-30 15:19
Mina van Heerden van Kirkwood.                                                  
Foto: 
Theo Jeptha

Mina van Heerden van Kirkwood. Foto: Theo Jeptha

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Al het sy nou wel verlede Vrydag haar 100ste jaar gevier, het sy gedans soos hulle in die jare dertig gedans het.

“Veral toe hulle my gunsteling liedjie ‘Wees my leidsman’ speel,” sê Mina van Heerden (100) van Bergsig in Kirkwood.

Om haar sit haar kinders, kleinkinders, agterkleinkinders en iewers in die huis slaap haar enigste agteragterkleinkind.

Bo die gelag van die kinders wat soos orrelpype staan, praat van Heerden: “Op my ouderdom is dit jou kinders wat die ware geluk in die lewe is.”

Te midde van al die goed en sleg wat Van Heerden al in haar tien dekades op aarde gesien het, meen sy daar is net een rede hoekom sy nóg 100 jaar in dié lewe sal wil wees.

“Ek weet nou al genoeg van wat die ou wêreld het om te bied. Al wat die lewe die moeite werd maak, is jou kinders se geluk.

“Ek sal aanhou wil leef om al my kinders se kinders te leer ken.”

Bettie Nel, Van Heerden se oudste dogter, sê dan “my ma sal maklik nóg honderd jaar kan maak.”

“Ja,” sê Eva Stator, tweede oudste dogter. “Ons het nooit getwyfel dat ouma dit nie tot ’n honderd kan maak nie.”

Stator se oë begin blink, dan sê sy: “Só oud soos wat my ma is, is dit sy wat vir ons en al die kleinkinders hier sorg. Sy is ’n baie sterk vrou.”

Dié “sterk wees” het Van Heerden glo “jare gelede” aangeleer toe haar man in die Sondagsriviervallei doodgesteek is. “Ek het toe agt kinders gehad om voor te sorg. Ek kon nie opgee en hulle laat honger ly nie.”

Jare lank het sy op al wat ’n boer in die vallei is se plaas gewerk om vir haar kinders te kan sorg.

Maar om wéér man te vat, was nooit ’n opsie nie.

“O, nooit weer maak ek my vas aan ’n man nie! Só laat ek my nie weer rondstuur nie,” skerts sy.

Dan kom die vraag of dit haar goeie sin vir humor is wat haar in staat stel om vir 100 jaar deur die lewe te reis.

“Dis geen geheim nie! Eer jou vader en moeder, soos die Bybel sê, en jy sal lank leef.”

Ook uit ’n mediese oogpunt is Van Heerden volgens haar dokter “perdfris”.

“My lewe lank het ek nie gedrink nie. Net ’n rokie gemaak.”

Was dit ook nie vir ’n motorongeluk naby Uitenhage waarin sy haar linkerskouer beseer het nie, was daar ook geen seer “beendere” vandag nie.

“Nou ja, as die dokter sê ek is oukei, en ek sê ek is oukei, dan is daar mos niks wat my keer om op my verjaarsdag behoorlik te dans – nogal in die kerksaal – soos toe ons jonk was en verjaarsdagpartytjies gehou het nie.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

6 myths about male cancer

It is important to be aware of the most prevalent cancer diseases amongst men in our country.

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.