Raadslid gee aandag aan Despatch se infrastruktuur-probleme

2015-05-21 06:00
=Raadslid Francois Greyling saam met kontrakteurs wat besig is om die rioolstelsels op Despatch op te gradeer. 
                                                                                      FotoS:
VERSKAF

=Raadslid Francois Greyling saam met kontrakteurs wat besig is om die rioolstelsels op Despatch op te gradeer. FotoS: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Versoeningsweg wat die Despatch woonbuurte Daleview en Reservoir Hills verbind met Heuwelkruin gaan eersdaags oorgedoen word. Konstruksiewerk sal begin sodra herstelwerk aan Handel- en Voortrekkerstrate afgehandel is.

“Die dorp het erg deurgeloop onder die laaste groot reënstorm. Infrastrukture is oud en word weens gebrek aan fondse en ’n tekort aan personeel nie gereeld instandgehou nie,” het Francois Greyling, raadslid van wyk 52 gesê.

Die verbetering aan die strate is volgens hom ’n groot verligting aangesien groot volumes voetgangers daagliks van die pad gebruik maak.

“Die besigheidskompleks waar Despatch Superspar asook Panarotti’s en Joshua Doore geleë is, ly elke keer skade as dit baie reën. Aandag sal ook aan hierdie kompleks gegee word om te verhoed dat massas water wéér skade gaan aanrig.”

Greyling is van mening dat die munisipaliteit se personeeltekort en gebrek aan geld ’n direkte gevolg is van die feit dat kundige personeel nie in vakante poste aan-gestel word nie, as-ook weens groot-skaalse wanbesteding.

“Dit hou ons in Despatch nie terug nie. Die vloedskade het dadelik aandag gekry en my kan-toor het geld uit die noodfonds beskikbaargestel vir die opknapping van strate sowel as dreineringsstelsels.

“Ek het met die kontrakteurs beraadslag en die strate wat die meeste deurgeloop het word nou herstel. Eienaars van huise wat deurgeloop het sowel as die ouetehuis kan nou ’n sug van verligting gee.”

Greyling sê ook dat die rioolprobleem waarmee inwoners van Daleview, Reservoir Hills, Khayamnandi sowel as dele van Despatch se sentrale area vir jare mee sukkel hopelik binnekort opgelos gaan word.

“’n Multimiljoen rand projek, wat deur my kantoor bestuur word in samewerking met die rioleringswerke van die munisipaliteit, word opgegradeer en sal vir beter vloei sorg wat hoër volumes rioolwater kan dra. Dit is bykans 57% voltooi en behoort teen einde Junie vanjaar in werking gebring te word.”

Die nuwe rioollyn strek vanaf Khayamnandi tot by Hollandstraat. ’n Nuwe pyplyn sal ook onderdeur die hoofstraat gelê word.

“Munisipale ontwikkeling bly maar n moeilike storie met personeel en finansies wat altyd tekortskiet. Maar met deursettingsvermoë kry ons dit reg om dienste te lewer te midde van ’n munisipaliteit wat disfunskioneel is.

“Ek glo dinge sal baie beter en vinniger gebeur as Despatch sy eie sub-stadsraad kry om die infrastruktuur plaaslik te bestuur. Ek sien baie daarna uit wanneer die nuwe raad aangestel gaan word na die 2016 verkiesing.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

6 myths about male cancer

It is important to be aware of the most prevalent cancer diseases amongst men in our country.

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.