Rivierstroom te sterk vir polisiebakkie

2015-07-30 06:00
andlt;’n Polisiebeampte  het Maandag hom “asvaal” geskrik toe sy polisiebakkie deur ’n sterk stroom water van ’n laagwaterbrug in die Kruisrivier-gebied gesleur is. ’n Sakeman in die area het die bakkie met sy laaigraaf uit die water getrek.
 Foto:

andlt;’n Polisiebeampte het Maandag hom “asvaal” geskrik toe sy polisiebakkie deur ’n sterk stroom water van ’n laagwaterbrug in die Kruisrivier-gebied gesleur is. ’n Sakeman in die area het die bakkie met sy laaigraaf uit die water getrek. Foto:

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die verskil tussen ’n plaasbakkie en ’n polisiebakkie kan glo aan ’n rivier se vloei oor ’n laagwaterbrug gemeet word.

Só meen Case van der Touw, ’n sakeman van Kruisrivier, nadat hy ’n polisiebakkie by ’n laagwaterbrug uit ’n rivier in dié gebied moes sleep.

Die afgelope naweek se gietende reën in Uitenhage en omstreke het ook in die Kruis-rivier-gebied (só genoem omdat die Elands- en Swartkopsrivier hier saamvloei) kabbelende stroompies in bruisende strome omskep.

Hiervan kan ’n polisiebeampte van die KwaNobuhle-polisiekantoor eerstehands getuig.

“Dié polisiebeampte, a.o. Ashton Mew, was aan diens en op pad na ’n persoon in Kruis- rivier toe sy bakkie in die rivier wat oor die laagwaterbrug loop, opgelig en meegesleur is tot langs die brug,” het sers. Majola Nkohli, ’n polisiewoordvoerder, gesê.

Volgens hom het die polisiebeampte dadelik uit die bakkie gespring toe hy sien die stroom het beheer oor die voertuig geneem.

Van der Touw, wie se sandgroef naby die laagwaterbrug is, is gevra om die polisievoertuig uit die stroom te trek.

“Die polisiebeampte was deurnat en het effens vaal om die kiewe gelyk toe hy hulp kom vra,” het Van der Touw gesê.

Aanvanklik was Van der Touw skepties om ’n polisievoertuig van ’n ongelukstoneel te verwyder, maar nadat die nodige toestemming gegee is, is hy met sy werkers en ’n laaigraaf na waar die water deur die bakkie in die rivier gespoel het.

“Ek het een van my werkers die koue water laat aandurf om ’n tou aan die bakkie se sleephaak te bind, en toe sleep ek dit met die laaigraaf uit.”

Nkohli sê niemand is in die voorval beseer nie, en slegs die polisievoertuig het skade opgedoen.

Van der Touw meen die stroom water was eenvoudig net té sterk vir die polisiebakkie, maar dat boere in hulle plaasbakkies sonder ’n hik of stoot deur dié water ry.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
/Sport
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.