Rybewystoetse ná 7 maande weer afgelê

2015-08-06 06:01
LINKS BO: ’n “Gladde” pad vir die rybewystoetse?.?.?. Whitesweg in Kirkwood is een van die min paaie in dié dorp wat vir sowat 1,6?km (vanaf die verkeersdepartement tot by die toetsterrein) in ’n redelike toestand is vandat die slaggate gevul is.

LINKS BO: ’n “Gladde” pad vir die rybewystoetse?.?.?. Whitesweg in Kirkwood is een van die min paaie in dié dorp wat vir sowat 1,6?km (vanaf die verkeersdepartement tot by die toetsterrein) in ’n redelike toestand is vandat die slaggate gevul is.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Al gehoor van soveel slaggate in ’n dorp se strate dat niemand eens ’n rybewystoets kan aflê nie?

Dit is raar, maar waar – gaan hoor maar by Kirkwood se inwoners, want sewe maande lank moes dié dorp se aspirant-bestuurders hul toetse op ander dorpe gaan aflê.

Verkeersowerhede het al op 12 Desember verlede jaar halt geroep met rybewystoetse op dié paaie met meer gate as teer.

Voorts was die toestande ook nie alte veilig nie.

“Daar was nie orals stoptekens en ook nie padtekens nie, ’n ongeluk kon baie maklik gebeur het,” het Flippie Ehlers, voorsitter van die Sondagsrivier-sakekamer, gesê.

“Dit is ’n jammerte dat die toetsterrein so lank toe was – die munisipaliteit kon maklik R100 000 in dié periode verdien het,” het hy bygevoeg.

Nog ’n man wat baie geld in dié “slaggat-periode” kwyt is, is Riaan Taljaard, eienaar van die dorp se One Way-bestuurskool.

Hy het uitgehou, maar teen Junie vanjaar was dit verby uithou vir hom. “Toe kom ek en die verkeersowerhede mekaar halfpad tegemoet. Ek leen my padwerktoerusting vir hulle, kry skenkings vir sement en dan maak ons die gate toe.”

Toe doen hulle dit – maar net op die rybewys-toetsroete wat deur die hoofstraat en ’n paar systraatjies gaan. Op die ander paaie gaan dit nog stamp-stamp deur die slaggate.

Maar die belangrikste is dat die toetsterrein weer op 1 Julie oopgestel kon word en aspirant-bestuurders weer hand aan stuurwiel deur die dorp kon slaan.

Taljaard is nou halfpad tevrede. Sy droom is ’n slaggatlose dorp vol gladde teerstrate.

Ehlers glo weer die paaie is so vrot herstelwerk sal nie help nie. “Dit sal oorgebou moet word.”

Zolile Lose, burgemeester van die Sondagsriviervallei waarbinne Kirkwood val, het verduidelik daar is net nie genoeg geld vir herstelwerk nie.

“Ons het die Sarah Baartman-distriksmunisipaliteit, die departement paaie en vervoer, asook die private sektor om geldelike bystand genader.”

Volgens Stef Delport DA-raadslid, is daar selfs ook al samesprekings met Bhisho oor die herstelwerk aan die Sondagsriviervallei se paaienetwerk gevoer.

“Indien ons geld van Bhisho kry, sal die herstelwerk oor ’n paar jaar gedoen word; dié paaie kan nie oornag herstel word nie,” het hy verduidelik

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.