Twee dood toe skraper en sleepwa bots

2015-07-09 06:00

KIRKWOOD. -Volwassenes en kinders het op die toneel gehuil; die bedekte liggame van twee oorledenes het daar gelê en ’n mens kon die hulpkrete van die 26 beseerdes hoor.

Dié tragedie het verlede Vrydag in Kirkwood afgespeel toe die lem van ’n aankomende padskraper die sleepwa waarin 28 plaaswerkers vervoer is, van die trekker losgeruk het. Al die insittendes is uit die sleepwa geslinger. Twee mense is dood en 26 is in hospitale in die omgewing opgeneem.

Nomakhaya Phillip (21) en Tom Nqophiso (52) het op die toneel gesterf.

Honderde mense het hulle na die ongelukstoneel gehaas.

“Daar was ongelooflik baie mense wat kom kyk het wat gebeur het. Grootmense en kinders het gehuil. Die liggame van die oorledenes het toegegooi daar gelê en so baie mense het seergekry. Dit was ’n aaklige toneel om te aanskou,” het iemand gesê wat op die ongelukstoneel was.

Ao. Basil Seekoei, polisiewoordvoerder, het gesê die fratsongeluk het Vrydag omstreeks 17:30 in die Moses Mabida-woongebied in Kirkwood plaasgevind.

“Die trekker met die sleepwa vol plaaswerkers, en die padskraper het vanuit teenoorgestelde rigtings op dieselfde pad gery. Dit is nog nie duidelik hoe dit gebeur het nie, maar op een of ander manier het die padskraper se lem tussen die trekker en die sleepwa gekom. Met die losrukslag van die sleepwa is die mense afgeslinger,” het Seekoei gesê.

’n Saak van strafbare manslag word ondersoek, het Seekoei bevestig.

“Die ondersoek sal ook bepaal of dit wettig en veilig was vir die werkers om op die sleepwa vervoer te word.”

Die boer wie se werkers in die ongeluk betrokke was, kon nie gister vir kommentaar bereik word nie.

“Die familie van die oorledenes en die mense wat beseer is, is in ons gedagtes en gebede,” het Karen Smith, DA-raadslid,vir die gebied gesê.

“Die hele gemeenskap is geskok. Hulle is in rou gedompel.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.