Twee gaan vir SA in VSA sing

2015-05-14 06:00
=Thia Fourie (15) en Nolene Spinks (14) is gekies om Suid-Afrika in Los Angeles met hul sang te verteenwoordig. Hulle beplan om ’n CD van hul wenduette te maak. 
     Foto: 
werner hills

=Thia Fourie (15) en Nolene Spinks (14) is gekies om Suid-Afrika in Los Angeles met hul sang te verteenwoordig. Hulle beplan om ’n CD van hul wenduette te maak. Foto: werner hills

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Twee Oos-Kaapse meisies, Thia Fourie (15) en Nolene Spinks (14), het onlangs die Oos-Kaap se naam hoog gehou by die Suid- Afrikaanse kampioenskapsbyeenkoms vir uitvoerende kunste wat in Rustenburg in Noordwes gehou is.

Dié twee is vir hul duette met vyf goue, twee silwer- en ’n bronsmedalje bekroon. Boonop het Thia ook vir haar solo-uitvoerings verskeie medaljes ontvang.

’n Bonus vir die twee tieners was om gekies te word vir die Suid-Afrikaanse span wat teen die einde van die jaar aan die wêreldbyeenkoms in Los Angeles in Kalifornië gaan deelneem.

Albei ontvang musiek­onderrig by Franz Geldenhuys in Jeffreysbaai.

Die twee se duet-vriendskap het juis in 2013 by die kampioenskapsbyeenkoms begin. Thia is ’n gr. 10-leerder aan die Hoërskool Kirkwood, terwyl Nolene in gr. 8 aan die ­Hoërskool D.F. Malherbe in Port Elizabeth is.

Dit was die blonde Thia se laaste jaar dat sy aan dié kompetisie deelgeneem het. Sy neem reeds die afgelope vyf jaar daaraan deel.

“Ek wil eerder die volgende twee jaar op my studies konsentreer,” het sy gesê.

Sy beplan om haar ná matriek aan die Universiteit Stellenbosch in die regte te bekwaam.

Nolene het musiek in haar bloed en vertel haar hele familie is musikaal en sing gereeld saam. Sy speel ook op gehoor klavier en kitaar.

“My droom is om eendag my eie musiekskool oop te maak wat landwyd bekend sal word,” het Nolene gesê.

Thia en Nolene beplan om binnekort ’n CD van hul musiek uit te gee om geld vir die reis na Los Angeles bymekaar te maak.

Hulle gaan ook by die Wildsfees in Kirkwood optree

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.