U’hage onderwyseres vermoor

2015-04-30 15:20
Jayde Panayiotou (28). 
        Foto: 
Facebook

Jayde Panayiotou (28). Foto: Facebook

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die lyk van die ontvoerde onderwyseres van Uitenhage is gisteroggend omstreeks 10:00 in ’n veld naby KwaNobuhle gevind.

Jayde Panayiotou (28), ’n ­onderwyseres van Riebeek College Girls High School in Uitenhage, is Dinsdag­oggend voor haar huis in Deaconweg, net agter Makro in Kabegapark, ontvoer.

“Die bemanning van ’n polisiehelikopter wat deelgeneem het aan die uitgebreide soektog na Panayiotou, het gisteroggend ’n voorwerp uit die lug opgemerk. Lede van die soekspan op die grond het daarna op haar liggaam afgekom,” het polisiewoordvoerder kaptein Sandra Janse van Rensburg gesê.

“’n Nadoodse ondersoek sal nou gedoen word om die presiese oorsaak van haar dood vas te stel.

“Intussen sal die polisie onverpoos voortgaan met die soektog na die ontvoerders en moordenaars van Panayiotou.”

Die polisie het beeldmateriaal in die hande gekry wat die vermeende ­ontvoerder van ’n Uitenhage­-onderwyseres uitwys waar hy by ’n kitsbank in KwaNobuhle geld uit haar rekening trek.

Volgens Toni Inggs, Panayio­tou se suster, het Panayiotou ­elke oggend voor haar huis in Deaconweg vir haar saamry­geleentheid na Uitenhage gewag.

Blykbaar het Panayiotou enkele minute voor 06:30, die tyd wat sy soggens opgelaai word, nog met ’n onderwyser wat ook in die saamryklub is, op haar selfoon gepraat.

“Maar toe haar saamryklub daar stop, was sy nie daar nie,” het Inggs gesê.

Een van die lede van die saamryklub het haar man, Christopher, met wie sy onlangs getroud is, gebel om te vra waar Panayiotou is.

“Hy het gesê sy is ’n paar minute gelede uit die huis, en dat sy waarskynlik buite die huis staan en wag.”

Panayiotou se foon was egter af en geen verdere kontak kon sedertdien met haar gemaak word nie.

Kort hierna is R1 700 uit Panayiotou se rekening by ’n OTM in KwaNobuhle onttrek, het ao. Alwin Labans, polisiewoordvoerder, bevestig.

Die boodskap van Panayiotou se vermeende ontvoering het soos ’n veldbrand op sosiale platforms versprei.

In ’n besige Matanzimastraat is die klein Nedbank-OTM, langs ’n begrafnisonder- neming, as die bank uitgewys waar geld vroeër uit Panayiotou se rekening onttrek is.

Teen 14:00 het die polisie beslag gelê op dié OTM se beeldmateriaal wat die man se gesig wys wat vermoedelik geld uit Panayiotou se rekening onttrek het.

Volgens Labans is geen ooggetuies nog opgespoor nie, maar ’n vrou wat in Deaconweg woon, het blykbaar aan die polisie genoem dat sy drie verdagte mans Dinsdagoggend in dié straat sien staan het.

Intussen het Marilyn Woods, skoolhoof, gesê die nuus oor Panayiotou se verdwyning en dood is “hartverskeurend”.

Woods het dié nuus eers tydens die laaste skoolperiode met die senior leerders gedeel. “Die meeste leerders het trane in hul oë gehad toe ek vra dat hulle moet saam bid.

“Maar dit was die onderwysers wat die nuus die moeilikste hanteer het.”

)Enigiemand met inligting oor die voorval kan die Kabega-polisiekantoor by 041 397 6801 skakel óf vir Inggs by 076 526 7174

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/World
 

WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…

What is at first an exciting tummy-turning adventure stunt, quickly turns into a scarily bad idea caught on camera. Take a look:

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Conor McGregor: Notorious the trailer
Best date night restaurants in South Africa
WATCH: Ryan Reynolds offers fans a free tattoo in new Deadpool 2 teaser
Should you date your co-worker?
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.