Van U’hage tot wêreldverhoë

2015-04-30 15:18

“Ek gaan net ’n bietjie dans,” het Tanya Howard, toe nog 14 jaar oud, vir haar ouers gesê toe sy na Johannesburg vertrek het om by die Nasionale Skool van Kunste aan te sluit.

Min het Howard tóé geweet dat dié “bietjie dans” baie dans in Kanada sou word. En só uitstekend dat sy al van 2007 af as eerste solis van die National Ballet of Canada die dansverhoog betree.

In Uitenhage skud John en Glenise Howard glimlaggend kop. Wie sou kon dink dat hul dogter, (nou 35) wat op vyf met haar eerste danslesse by Carol Groenewald in Uitenhage begin het, die koue Kanada sedert 1998 aan die brand sou dans?

Dat sy ook haar rol in opvoerings soos The Sleeping Beauty, The Four Seasons, Swan Lake, Romeo and Juliet en Cinderella so meesterlik sou vertolk?

En dat sy Toronto haar permanente adres saam met haar man, Bob Eichvald, en hul twee kinders, Lia (6) en Benjamin (2), sou maak?

“Ons BBM mekaar elke dag en ons Skype so elke twee weke sodat die kleinkinders by oupa en ouma kan spog oor die toertjies wat hulle al kan uithaal,” sê Glenise.

Trots het veral nuwe betekenis vir hulle gekry toe Tanya die hoofrol in Alice’s Adventures in Wonderland gekry het.

Tanya beskou ook hierdie rol as een van die groot hoogtepunte in haar dansloopbaan.

“My rol as Alice is baie uitdagend omdat ek 106 minute lank sonder ophou op die verhoog moet wees.

In die hele produksie kry ek iets soos sewe minute se rustyd,” het Tanya in ’n telefoniese onderhoud uit Kanada gesê.

“En jy moet ook altyd getrou bly aan die storie . . . wanneer ek Alice is, kyk ek deur háár oë en voel soos sy gevoel het toe sy alles vir die eerste keer gesien het,” gesels sy geesdriftig verder.

Groenewald, by wie Tanya tot op 14-jarige ouderdom bly dans het, het dié soort toegewyde talent al vroeg in Tanya opgemerk.

Dit was juis toe Tanya 14 was dat Groenewald haar ouers aangeraai het om haar na die Nasionale Skool vir Kunste in Johannesburg vir die voltooiing van haar skoolloopbaan te stuur sodat haar besonderse talent wyer blootstelling kon geniet.

Dis toe dat Tanya haar ouers met die woorde “ek gaan net ’n bietjie dans” gegroet het.

’n Talentsoeker van die National Ballet of Canada het Tanya kort daarna raakgesien en haar genooi om by hulle in Toronto aan te sluit.

“Ons het Tanya nog altyd aangespoor om haar drome te volg en om te doen wat haar gelukkig maak – en kyk waar is sy nou!”

Die grootste gehoor voor wie sy al opgetree het, was by die 2010 Winter Olimpiese Spele in Vancouver.

“Koningin Elizabeth was nogal een van die gaste,” gesels Tanya verder oor die foon.

“Dit was ’n groot oomblik!”

Tanya oefen minstens ses uur per dag, vier dae per week, en sy probeer ’n balans tussen haar rol as ma en danseres behou.

Haar vrye tyd is gesinstyd, beklemtoon sy tydens die onderhoud

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Men.24 Model of the Week: Wendy from Cape Town

Find out more about our featured model, Wendy from Cape Town

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content these holidays
5 top leg exercises for men
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.