Vloedwater tref tehuis

2015-04-30 15:17
andlt;Vrywilligers het gister ingespring om die kamers by Huis Tevrede skoon te maak ná ’n oorstroming Sondagoggend. Jacob du Preez was een van dié wat die modder in een van die kamers weggeskraap het.

andlt;Vrywilligers het gister ingespring om die kamers by Huis Tevrede skoon te maak ná ’n oorstroming Sondagoggend. Jacob du Preez was een van dié wat die modder in een van die kamers weggeskraap het.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Inwoners van Huis Tevrede hier het Maandagoggend nog geskok in groepies gesit nadat hul kamers Sondagoggend oorstroom is.

Van die ander het hand gegee met die opruim van modder en slik uit die kamers.

Beddens en hangkaste het in die oorstroming omgeval en het vol modder, buite die kamers gestaan om in die flou sonnetjie droog te word.

By een deur het ’n hoop nat, modderige skoene gelê.

Janita Pretorius, eienaar van Huis Tevrede, het vertel hoe dankbaar hulle was om drie inwoners se kunstande, wat hulle baie onlangs gekry het, asook ’n nuwe bril van ’n ander inwoner, tussen die modder te vind. Dié artikels het op die inwoners se bedkassies gelê toe die vloedwater die eiendom Sondagoggend omstreeks 02:00 getref het.

“Ons is nog besig om deur die klere te sif om te kyk wat gered kan word. Ek is bevrees dat daar nie baie sal wees wat ons kan red nie. Baie selfone het ook in die slag gebly.

Marina du Plessis, ’n inwoner, het stadig nader gestap en met trane in die oë gesê: “Ek het alles verloor, weet jy. My skoene, klere, tot my selfoon. Alles.”

Een man het op sy eie gestaan met ’n klein pakkie, en drie ander artikels in sy hande. “Dit is goedjies wat hy gered het toe ons so vinnig uit die kamers moes vlug. En hy het dit nog nooit weer neergesit nie,” het ’n vrou saggies opgemerk.

Gerhardus Saunders, wat in ’n rystoel is, is spyt dat hy nie sy Bybel kon red nie.

Pretorius het gesê die meeste boeke, insluitend die Bybels, kon nie gered word nie aangesien dit deurnat geword het.

“Maar gelukkig is so baie mense se harte en hande oop en ons het al sewe nuwe Bybels ontvang van weldoeners, terwyl ander gehelp het om die matte skoon en droog te kry.

“Ander het weer die kamers skoongespuit van al die modder, en ander help om die matrasse skoon en droog te kry. Sondagaand het ons vir die inwoners ’n familiebed gemaak eerder as om hulle by vreemde mense te laat slaap. En hét hulle dit nou geniet. Dit was so wonderlik om te ervaar, ek het sommer ’n knop in die keel gekry,” het Pretorius gesê.

Pretorius het weldoeners bedank wat kom help het met die opruiming.

“Gelukkig het ander goedhartige mense aangebied om etes vir die mense te berei, want ek kry amper nie kans om kos te maak met al die opruiming nie,” het Pretorius gesê

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/Sport
 

WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…

What is at first an exciting tummy-turning adventure stunt, quickly turns into a scarily bad idea caught on camera. Take a look:

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Conor McGregor: Notorious the trailer
Best date night restaurants in South Africa
WATCH: Ryan Reynolds offers fans a free tattoo in new Deadpool 2 teaser
Should you date your co-worker?
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.