Waar loop Ben die swerwer-hond rond?

2015-09-10 06:00
=Ben, die bekende vierpotige swerwer-hond van Uitenhage het spesifieke roetes na plekke waar omgee en bederf-eetgoed op hom wag. INLAS: Ben by sy aanneem-ma, Sanet Welgemoed, van die Engen-vulstasie in Aalwynrylaan op Uitenhage.

=Ben, die bekende vierpotige swerwer-hond van Uitenhage het spesifieke roetes na plekke waar omgee en bederf-eetgoed op hom wag. INLAS: Ben by sy aanneem-ma, Sanet Welgemoed, van die Engen-vulstasie in Aalwynrylaan op Uitenhage.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Ben, die bekende swart, straatwys, swerwer-hond wat oral in Uitenhage rondloop, is nie ’n vashou- of vasmaakhond nie. Hy is ’n vierpotige vrygees wat hou van sy losloop-roetes om te gaan inloer by plekke waar lekker eetgoed op hom wag.

En soos dit ‘n gesoute swerwershond betaam, kyk Ben nes dié wat op twee bene loop en klere dra, heen en weer vir enige motor voor hy ‘n straat kruis

Vir die afgelope drie jaar is die Engen- vulstasie in Aalwynrylaan sy basis vir bietjie liefde, kos en rus. Hoogstens vir twee dae, dan pak wanderlust hom weer.

“Vir Ben is ek baie lief,” sê Sanet Welge- moed, sy aanneem-ma by die Engen vulstasie. “Ek versorg hom, dokter hom en sorg dat hy geskeer word. Wie die ander mense is wat ook vir hom omgee weet ek nie, maar ek kan aan sy kondisie sien dat hy elders ook bederf word,”

Ben volg sy “pleegma” se praat-handbewegings met sagte oë, kwispel stert só asof hy saamstem toe sy aangaan: “Hy is nie ’n blawwerige hond nie en dit wil voorkom of die liefde tussen ’n Chau en ’n Labrador ongeveer 8 jaar gelede, hom tot gevolg gehad het.

Maar waar kom Ben vandaan? Niemand weet presies nie. Die storie loop maar dat mense weggetrek en hom net so in die erf gelos het.

“Hy het vroeër jare tussen die hospitaal en Handhaaf geswerf. En toe kom hy een oggend hier by ons aan. Ek het hom begin kos gee en versorg. ’n Paar weke later bring hy eendag sy ‘vrou’ Ounooi hier aan. Dit was te oulik om hulle saam te sien. Ongelukkig het hy sy ge-liefde aan die dood afgestaan nadat ’n motor haar raakgery het.”

Maar wat Ben aan die ongeluk Ounooi se liefde verloor het, het hy by die Uitenhagers teruggewen. “ Daar is nou ‘n omgee-netwerk wat sy roete monitor en dié mense laat my gewoonlik weet waar Ben is. Maar as ek hom vir twee dae nie gesien het nie, klim ek in die kar en gaan soek hom.”

Buiten sy basis by Sanet se vulstasie, stap hy ook na dr. Riaan Mulder se veeartseny-praktyk in Graaff Reinetweg, Levyvale Superspar en gaan loer in by The Vet Shop by Penford-inkopiesentrum waar Estelle Harrop en Carol Basson vir hom iets lekker gee om te eet.

“Ons is so lief vir Ben. Mense moet hom net uitlos, hy het ’n goeie lewe en word goed versorg,” sê Estelle Harrop van The Vet Shop.

Carol Basson het daarmee saamgestem en gesê: “Ben het ’n beter lewe as meeste van die mense se honde. Hy is gedissiplineerd, gesteriliseer, gaan gereeld veearts toe.”

Ben besoek ook die Engen Penford-vulstasie voordat hy agter sy neus aanloop soos hy die vlamgeroosterde burger-reuk volg na die Spur toe. Die personeel van die Uitenhage DBV is ook bekend met Ben se roetes.

Shelly Wicks, ’n hondeskeerder op die dorp, sorg dat Ben by die seisoene aanpas. As die ergste koue verby is, kry Ben sy leeu-haarstyl met ’n pofmaan, asook wollerige skouers en boude. Wanneer die somertemperature die hoogte inskiet waai dié haarstyl en word Ben se pels lekker kort geskeer.

Sanet doen ’n beroep op die publiek om nie vinnig op Ben af te kom nie omdat hy nie vreemdeline vertrou nie.

“Dankie aan almal in die dorp wat vir Ben kos en liefde gee en verstaan dat hy nie ‘gehê’ wil wees nie. Ek moes daarmee vrede maak en vra dat die publiek dit asseblief ook respekteer.”

Sanet wil graag weet waar Ben oral inloer. Kontak haar by 084 767 2641 of sanet@telkomsa.net

)

UD Nuus-lesers word ook uitgenooi om op die UD Facebook te laat weet waar hulle al vir Ben gesien rondstap het

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.