Aandrokke vertoon om kind wat verbrand het te help

2018-11-22 06:00
=Jadine Croukamp (18 maande) het verlede jaar met kookolie verbrand. Sy het reeds twee veloorplantings ontvang. Om mediese kostes te help dek word ’n modevertoning Saterdag op Despatch gehou. Op die fotos bo is Jadine net na die voorval.       FOtos:VERSKAF

=Jadine Croukamp (18 maande) het verlede jaar met kookolie verbrand. Sy het reeds twee veloorplantings ontvang. Om mediese kostes te help dek word ’n modevertoning Saterdag op Despatch gehou. Op die fotos bo is Jadine net na die voorval. FOtos:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n MODEVERTONING waar ’n groep van 20 plaaslike vroue in trou- en aandrokke op die loopplank gaan paradeer word Saterdag op Despatch gehou.

“Dit is ten bate van ’n 18-maande oue dogtertjie wat mediese behandeling ontvang nadat sy met kookolie verbrand het,” sê Zelma Gouws, organiseerder van die modevertoning.

Jadine Croucamp het verlede jaar in Julie met kookolie verbrand en het reeds twee veloorplantings ontvang.

Haar ouma, Debbie Bester sê, “sy het mooi genees, maar moet nou terapie ontvang want haar een armpie bly in die lig. Sy moet ook ’n spesiale room gebruik om die vel elasties te hou anders kan sy van binne begin bloei.”

“Dié room is R380 vir 50ml en dit is baie belangrik dat haar lyfie daarmee inge-smeer word. Soos wat sy groei rek die vel en die room hou dit elasties.”

Die trou- en aandrokke word deur Edna Tessendorf van All in One op Despatch verskaf. As deel van die geselligheid sal daar ’n orkes optree en verskeie stalletjies wees waar items te koop aangebied word.

Stalletjiehouers wat deel wil wees van die aand is welkom, staanplek is gratis, maar bevestig bywoning deur Zelma Gouws te bel by 083 570 0157.

Gelukkige trekkings gaan gehou word en goeie pryse is op die spel wat geborg is deur Spur, PostNet Uitenhage, Laser Ideas, Tomsett Optometry, Big Vics restaurant, Nails by Monique en CB Automotive.

Die modevertoning word Saterdag, 24 November vanaf 18:30 tot laat in die Despatch Stadsaal gehou. Kaartjies is R30 per persoon en gaste kan hulle eie verversings en drinkgoed (ook glase) saambring.

  • Vir meer inligting of om kaartjies te bekom bel Edna by 079 753 5777.
NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.