ACVV-vrou laat diep spore op U’hage

2018-03-29 06:00
=Louise Langner (links) uittredende voorsitter van ACVV Uitenhage en Melinda McCay, nuwe voorsitter van die plaaslike vrouevereniging.                     Foto:HEILIE COMBRINCK

=Louise Langner (links) uittredende voorsitter van ACVV Uitenhage en Melinda McCay, nuwe voorsitter van die plaaslike vrouevereniging. Foto:HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Lank nadat n vrywillige werker die tuig weens ouderdom neergelê het, sal jy nog spore van haar hart in die gemeenskap vind.

Sulke spore word nagelaat deur Louise Langner (77), wat na 21 jaar se verbondenheid aan die Afrikaanse Christelike Vrouever- eniging (ACVV) Uitenhage, besluit het om uit te tree.

Langner, ‘n oud-onderwyser aan HTS Daniel Pienaar, het ná haar onderwysjare as stadsraadslid van Uitenhage gedien en dít het haar weë met die van die ACVV laat kruis.

In 2000 het sy by die ACVV aangesluit en is in dieselfde jaar tot voorsitter verkies, ‘n posisie wat sy beklee tot haar uittrede aan die einde van Maart 2018.

“Kyk, ek kan nie hier aanbly tot ek heeltemal seniel is nie, halfpad is goed genoeg,” skerts Langner en sê baie beslis, “die be- stuurspan is uiters bekwaam en ek tree uit met ‘n geruste hart.”

ACVV se ontstaanjare

Sy vertel die pad wat Uitenhage ACVV ge-loop het sedert Minnie Roux dié vrouever- eniging in 1937 ge-stig het.

“Toe was die fokus op verarmde gesinne weens die Boere-oorlog, droogte en pestelensies. Daar is met skoolvoedingskemas en gesinssorg begin.

“Na die Tweede Wêreldoorlog is daar besluit, nee, die saak raak nou te groot en daar is toe net op ouer persone gefokus.

“ACVV vroue het tydens ‘n kongres die kwessie van versorging van verarmdes onder die aandag van die destydse regering gebring en dit het bygedra tot die stigting van volkswelsyn.

So, indirek het die ACVV bygedra tot die stigting van wat vandag bekend is as die departement van maatskaplike ontwikkeling,” sê Langner.

Daar word tong-in-die-kies verwys na die ACVV as die “pannekoek en koeksister- vereniging”, maar met gebak het dié vereniging finansieël sterk geword om mense in nood te kon help.

“Gedurende die 1950s is daar vreeslik gebak. Die vroue het 15 pond ingesamel en kon daarmee die eerste tehuis, Aandmymering, op Uitenhage bou.

“Dit is in 1954 voltooi en die tehuis het aan 25 behoeftige bejaardes huisvesting gebied,” sê Langner.

Dit is hoekom ACVV Aandmymering tehuis vir bejaardes ‘n diensvertakking is van die plaaslike ACVV.

“Mense verstaan nie altyd hoe die ACVV bestuurskomitee werk nie. Ons as vrywillige werkers, wat dien op ‘n komitee, is die werkgewer, terwyl die personeel van die tehuis teen betaling werk.,” verduidelik Langner.

ACVV uitbreidings

Oor hoogtepunte tydens haar jare by die ACVV sê Langner daar is genoeg om ‘n boek vol te skryf.

“Daar is geweldig uitgebrei. ‘n Dogter van Hendrien ‘Polities’ Ferreira, ‘n stigterslid, het ‘n groot erfenisbedrag aan die vereniging nagelaat. Ter nagedagtenis aan haar is die Ferreira-kompleks met ses wooneenhede by Aandmymering gebou.”

In die meer onlangse jare het die Nasionale Lotery geld aan Aandmymering bewillig waarmee die vleuel aangebou is vir mense wat met Alzheimers en demensie moet saamleef. Daar word na ongeveer 40 mense hier omgesien.

‘Groot ouetehuis sonder dak’

Langner het na haar aftrede op Paradysstrand gaan bly.

“Paradys is ‘n groot ouetehuis sonder ‘n dak. Mense sit en vereensaam en dink allerhande siektes en goed uit. Daarom wil ek ‘n sosiale klub begin en Rummikub speel, bietjie oefeninge doen en gesellig saamkuier.”

Sy vertel dat die Anglo Boereoorlog konsentrasiekamp op Uitenhage een van die laaste drie kampe is wat opgeslaan is en meer as 2 000 vroue en kinders moes daar oorleef.

“Inwoners van Uitenhage het oor naweke met grammofone daarheen gegaan om vir die jongmense musiek te maak sodat hulle kon dans en so bietjie vergeet van die vreeslike ellende.

“Musiek is helend. Dit is nou tyd vir my om ook musiek te maak. Ek wil ‘n hand uitreik, mense het mense nodig.

“My lewensleuse is woorde van my ma, ‘doen wat jou hand vind om te doen en doen dit goed’.”

  • Langner word opgevolg deur Melinda McCay as voorsitter van ACVV Uitenhage.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.