Agrimark-winkel bied iets vir almal

2019-06-20 06:00
=Piet Bosch (links) Agrimark Kirkwood se bemarker en Johan Myburgh (regs) Agrimark takbe- stuurder, staan voor die nuwe Agrimark-winkel wat volgende week sy deure op oopmaak.

=Piet Bosch (links) Agrimark Kirkwood se bemarker en Johan Myburgh (regs) Agrimark takbe- stuurder, staan voor die nuwe Agrimark-winkel wat volgende week sy deure op oopmaak.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE sitrushoofstad van die Oos-Kaap spog met ‘n splinternuwe, ruim Agrimark-winkel wat volgende week sy deure op Kirkwood oopmaak.

Dié Agrimark, by 34 Hoofstraat, het ’n ge- soute bestuurspan met Johan Myburgh as takbestuurder en Piet Bosch as bemarker.

Danksy Johan se bestuursvernuf en Piet se kennis van die vallei en sy mense, het hulle verskeie stelsels in plek gestel om te verseker dat kliënte hul mandjies kan volmaak met items wat hulle benodig.

Aflewerings

Die Agrimark doen ook aflewerings in die vallei.

“Ons het twee vragmotors en ‘n bakkie met vier bestuurders, sodat daar altyd iemand be-skikbaar is vir aflewerings. Ons lewer op plase af, nog op dieselfde dag van aankope,” sê Johan.

Boumateriaal

Die boubedryf is nog ‘n fokusarea en die Agrimark beoog om aan die dorp en omliggende gebiede se boubehoeftes te voorsien.

Ander dienste wat aangebied word is brandstof en diesel (wat op plase afgelewer word), voer (soos mielies, gebreekte mielies en semels) en pakmateriaal.

“Groot pakstore in die vallei koop al hulle pakmateriaal by ons, van kartonbokse tot hoekstukke,” sê Johan.

Kirkwood is ook bekend vir sy wildbedryf, van teling tot jag, of bloot om die wild in die natuur te besigtig.

Dit beteken baie én hoë draadheinings word benodig waarvan daar heelwat voorraad by die Agrimark is.

Klere en skoene

Daar is ook ’n indrukwekkende klere- afdeling met onder meer Jonsson, Hi-Tec en Tarzan-skoene sowel as ‘n verskeidenheid werk- en uitgaanklere.

Mense hoef nie meer Baai toe te ry nie. Hier is mooi truie, warm pofbaadjies en duifgrys vellies wat onmiddellik die oog vang.

Buitelug- en kampgoed

Met toerisme in gedagte skenk Johan ook aandag aan die buitelug-afdeling.

“Of besoekers kampeer óf in ‘n gastehuis bly, óf wil visvang óf windbuks skiet – ons het alles hier. So, as jy iets by die huis vergeet het, kom loer in by ons en kry wat jy nodig het,” sê Johan.

Feesgangers welkom

Gepraat van besoekers, Kirkwood Agrimark open twee dae voor die afskop van die Spar Kirkwood Wildsfees.

Feesgangers is welkom om by die nuwe winkel te kom inloer vir ‘n gerieflike opvou-stoel, daai pienk lekker warm pofbaadjie, of sommer net om te sien wat daar is!

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.