Aktrises laat maagspiere prikkel vir liefdadigheid

2019-09-05 06:01
LEFT: Margit Meyer-Rodenbeck (links) en Marion Holm (regs) is te sien as Ans le Roux en Elna Basson in Die Voordele van Eierwit.                             Foto: VERSKAF

LEFT: Margit Meyer-Rodenbeck (links) en Marion Holm (regs) is te sien as Ans le Roux en Elna Basson in Die Voordele van Eierwit. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE skreeusnaakse veteraan-aktrises, Margit Meyer-Rodenbeck en Marion Holm, is eersdaags in Uitenhage te sien om geld vir liefdadigheid in te samel.

Dié twee se immergewilde komedie, Die Voordele van Eierwit, is Donderdag, 12 September om 19:00 by Laerskool Innes op die planke ten bate Solidariteit Helpende Hand.

Miempie van Wyk, Helpende Hand se takvoorsitter van Uitenhage, sê dié komedie was by verre van die gewildste treffers by vele van vanjaar se kunstefeeste en Helpende Hand het daarom besluit om Rodenbeck en Holm na Uitenhage te bring om geld in te samel vir behoeftige studente.

“Ons Gemeenskap Studiefonds het die afgelope drie jaar drie student gehelp met rentevrye studielenings. Hierdie jaar wil ons nie net die twee wat steeds studeer verder help nie, maar probeer om nóg studente van die Uitenhage-gemeenskap te help,” sê Van Wyk.

“By Helpende Hand glo ons dat ’n kwalifikasie vir ’n kind uit ’n behoeftige huisgesin ’n groot mate van hoop bring en dat dit die armoede siklus nie net vir hom kan breek nie, maar ook vir die familie wat hy eendag mag hê,” sê sy.

Kaartjies vir die vertoning kos R150 per persoon en is te koop by Despatch Deli, Daniel Service Station en Solidariteit se kantoor in Newtonpark. Vir meer inligting skakel Van Wyk by 081 798 0190.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.