aktueel:

2018-02-22 06:00
: nico Foto:

: nico Foto:

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Ons dank U vir ’n nuwe president, en ons doen voorbidding vir president Cyril Ramaphosa, sy vrou en kinders. Help ons president om voor te gaan, om leiding te neem, om die voorbeeld te stel.

Help hom in die vervulling van die visie van die Grondwet, naamlik ’n samelewing van onvervreembare menswaardigheid, heling van alle wonde, versoenende geregtigheid, verantwoordelike vryheid en gelykheid deur gepaste billikheid teenoor almal in ’n konteks van ongelykheid en historiese onreg.

Omring ons president met geroepe ministers, letterlik diensknegte. Laat ons ministers almal dienaars wees van die mense wat aan hul sorg toevertrou word.

Laat al ons politici op alle regeringsvlakke die welwees van die hele land op getroue wyse soek. Laat ons politici die stelling waar bewys dat die roeping van ’n politikus een van die edelste is.

Politici word immers geroep om deur getroue diens die welwees te soek van die samelewing, veral die broosstes.

Help ons politieke leiers om te onthou die vlak van beskaafdheid en gesofistikeerdheid van ’n instelling en samelewing word gemeet aan hoe dit vir die kwesbaarstes en broosstes in hul geledere sorg.

In die geledere van die broosstes resorteer nie net mense nie, maar ook plant, dier en natuur.

Laat ons president ervaar hy het bondgenote in alle sfere van die samelewing – die ekonomie, die openbare gesprek en openbare meningsvorming, en in die ryke burgerlike samelewing met sy verskeidenheid van instellings en individue.

Ons pleit dat die potensiaal van opvoedkundige instellings, godsdienstige gemeenskappe, kuns- en kultuurorganisasies, sport, die media, nieregeringsorganisasies, woonbuurte en maatskaplike bewegings in belang van die samelewing ontplooi, benut en ontgin word.

Laat die kultuur van vrywilligerskap en verantwoordelike burgerskap gedy. Dankie vir soveel vrywilligers in godsdienstige gemeenskappe en ander instellings. So baie vrywilligers wat meestal buite die kalklig werk, maar so baie hoop vir so baie mense bring.

Ons pleit dat ons president, alle leiers en alle burgers mense van karakter, integriteit en betroubaarheid is. Maak ons etiese leiers en etiese burgers.

Laat ons president ervaar dat waar plig nagekom word, is daar lig en perspektief. Sowel as ligtheid te midde van swarigheid.

Leiers is dikwels in posisies van alleenheid en eensaamheid. Laat ons president ervaar hy is nie verlate nie.

Laat hy ervaar hy is altyddeur in goeie geselskap, in God se geselskap, in die geselskap van almal wat aan God behoort, in die geselskap van genade waar menslike foutering nie tot summiere verwerping lei nie.

  • Prof. Nico Koopman is ’n teoloog en viserektor aan die Universiteit Stellenbosch.

-NICO KOOPMAN/DIE BURGER

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.