Almal bid saam vir dié sonskynkind

2016-03-31 06:00
=Anske le Roux (5) voor die leukemie by haar gediagnoseer is. Foto: Verskaf

=Anske le Roux (5) voor die leukemie by haar gediagnoseer is. Foto: Verskaf

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Op haar verjaarsdagpartytjie het Anske le Roux (5) van Uitenhage uitbundig baljaar. Die volgende aand het sy verskriklik gehuil van die pyn. Leukemie is daarna by haar gediagnoseer.

In ’n seldsame gebeurtenis verlede week het lede van die Uitenhage-gemeenskap in gebed en verdere ondersteuning vir Anske en haar gesin byeengekom.

In dié geval het die onderwysers saam met skoolmaats by Huppelkind Speelskool en hul ouers ’n spesiale pienk ban­dana- en kolwyntjie-dag vir Anske gereël, wat nou in die Rooikruis-kinderhospitaal in Kaapstad behandel-ing ontvang.

Die hoofdoel was om geld in te samel om JG, Anske se pa, sy reiskoste te help betaal. Hy ry elke tweede naweek Kaapstad toe om by Anske en sy vrou, Denise, wat aan haar dogter se sy bly, te wees.

“Die ondersteuning was ongelooflik en altesaam 260 ban­danas en 909 kolwyntjies is verkoop,” sê Sonja Campher, Anske se onder- wyseres toe sy nog by die Huppelkind Speelskool was.

JG vertel Anske was altyd ’n gesonde kind. “Potbruin gebrand en aan die gang. Dit was Saterdag (23 Januarie 2016) haar verjaardagpartytjie; Sondag was sy die meeste van die tyd in die swembad. Die aand agtuur was sy in die bed en teen halftien het sy wakker geword en gehuil van verskriklike pyn oor haar hele lyfie.

“Maandag is leukemie by ons kind gediagnoseer.

“Van alles tot niks. So vinnig. Maar ons bly glo,” sê hy.

Die volgende dag, Dinsdag (26 Januarie), op haar verjaardag, is sy na die Rooikruis-hospitaal gevlieg waar sy opgeneem is en sedertdien behandeling ontvang.

Daleen de Lange, eienaar en hoof van Huppelkind Speelskool, sê: “Die

ondersteuning van ouers en die publiek was fantasties! Daar is nie gevra vir wie of wat nie, daar is net gegee. Bydraes is selfs ontvang uit Volkswagen en Nissan se geledere. Nagenoeg R10 000 is ingesamel!”

Pienk ballonne, wat hul almal se wense en versugtinge vir Anske se beterskap nóg wyer moet uitdra, is ook op dié dag die lug ingestuur.

Campher het vertel hoe erg dit vir hulle almal is. “Anske is ’n liefie-kind, ’n sonskyn-kind. ’n Klein ballerina met die mooiste haartjies en rokkies en sy het altyd gedans en gesing.”

Anske was vir twee jaar by Huppelkind en slegs ’n paar weke by Levyvale Pre-Primêr voordat sy siek geword het.

Sugnét van Wyk, die geestelike koördineerder van die Pienk Bandana- en kolwyntjie-dag, het gesê die mense se omgee en gebede neem net toe vir dié familie en veral Anske.

JG en Denise hou almal deur Facebook (Kom ons buig saam in gebed vir Anske le Roux) op hoogte van Anske se stryd teen die leukemie.

“Uitenhage se mense is ongelooflik,” het ’n ontroerde JG gesê. “Ek was nie ’n Facebook-man nie, maar die ondersteuning, boodskappe en gebede op dié sosiale platform help ons in hierdie baie moeilike tyd.”

Anske is in Levyvale Pre-Primêr se graad RR Kameelperdklas. In dié klas en by Huppelkind begin elke skooldag met ’n gebed vir Anske.

Kom ons buig saam in gebed vir Anske le Roux.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

5 top leg exercises for men

Here’s our selection of the five best leg exercises that you can do in the comfort of your own home.

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content this holidays
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
How to open a beer bottle without an opener
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.