‘ANC, EFF praat dalk tog oor Baai’

2016-08-11 06:00

Die ANC in die Nelson Mandelabaai-metro gaan saam met ander partye in ’n progressiewe koalisie werk, sê Oscar Mabunyane, die party se provinsiale sekretaris.

Dit kom nadat die party nie daarin kon slaag om die meerderheid van die stemme in die afgelope munisipale verkiesing op hom te verenig nie.

“Ons hoop en vertrou dat die samesprekings en ooreenkomste wat bereik word, aan die kiesers se verwagtinge sal voldoen,” het Mabunyane bygevoeg.

Kelvin Knowles, ’n onafhanklike politieke ontleder, meen dat die ANC ’n opposisierol sal speel.

“Die ANC se beeld is te veel geskaad om hom ’n koalisievennoot te maak.”

Hy sê ook nasionaal het strategiese gesprekke reeds tussen die DA en die EFF plaasgevind. Die moontlikheid van gesprekke tussen die ANC en EFF kan nie geïgnoreer word nie.

“Hoewel die EFF op rekord is dat hulle nie met die ANC sal onderhandel nie, het Malema ’n paar dae gelede tog wel streng voorwaardes gestel. Een daarvan is dat Zuma moet waai – wat waarskynlik nié gaan gebeur nie.

“In die metro kan die situasie só ontvou: Die UDM en Cope met die ander twee kandidate sal die DA oor die 50 plus een bring. Sleutelposte, soos adjunkburgemeester, kan dan aan die UDM gebied word met ander kandidate op die burgemeesterskomitee.”

Volgens Knowles kan die EFF nie bekostig om die steun wat hulle nou behaal het, in die weegskaal te plaas met die oog op 2019 se verkiesing nie.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Most Read
News In Your Area
Top Lifestyle
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.