Anibrandfees afgestel weens Mighty Men

2017-10-26 06:00

Dit gons op sosiale media platforms oor die amptelike aankondiging dat die gewilde Anibrandfees 2018 afgestel is.

Die rede: Mighty Men se datum wat verskuif is na dieselfde naweek as die Anibrandfees, 2 en 3 Maart 2018. En omdat die saamtrek nou baie nader aan Uitenhage gaan wees, op ’n plaas buite Humansdorp.

“Anibrand kan nie kompeteer met Mighty Men nie. ‘n Opname is gemaak en mense wat ons weet verlede jaar beide Anibrand en Mighty Men bygewoon het is gevra wat hul keuse sal wees. Meeste het gesê Mighty Men,” sê Tossie van Loggenberg, organiseerder van die Anibrandfees.

“Dit kos meer as ’n miljoen rand om Anibrand aan te bied. Die kostes word gedek deur besoekers se toegangsgeld. Ons kan nie bekos-tig om finansieël ’n verlies te lei weens ’n drastiese afname in feesgangers nie.”

Van Loggenberg en mede-organiseerder van die Anibrandfees, Karen Basson, sê feeste op Uitenhage werk ook nie oor ‘n langnaweek nie. Anibrand was eers einde April aangebied, maar mense verkies om weg te gaan oor langnaweke.

“Die eerste Mighty Men in Middelburg was oor dieselfde naweek as Anibrand. Dit het ‘n duidelike afname in feesgetalle veroorsaak. Anibrand is toe verskuif na einde Februarie, wat die afgelope paar jaar goed gewerk het.

“Nou het Mighty Men besluit om weer te skuif na die datums van Anibrand. Dit gaan vir seker ons feesgetalle raak en ons sal nie die finansiële verliese kan hanteer nie,” het Van Loggenberg gesê.

Volgens die Anibrand-organiseerders het hulle maande gelede reeds met die Mighty Men organiseerders kontak gemaak om die situasie aan hulle te verduidelik.

“Hulle het glad nie belanggestel in ons probleem wat deur hulle veroorsaak is nie,” het Van Loggenberg gesê.

  • ‘n Anibrand Konsert word begin Maart 2018 in die Uitenhage Binnehuise Sportsentrum gehou.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.