‘As ek net wéér kan skilder’

2019-09-05 06:00
BO: Jospehine du Toit (84) met van haar skilderkuns. REGS: Fotos van Josephine du Toit in een van haar Art Snippets galerye.               foto’s:HEILIE COMBRINCK

BO: Jospehine du Toit (84) met van haar skilderkuns. REGS: Fotos van Josephine du Toit in een van haar Art Snippets galerye. foto’s:HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

JOSEPHINE du Toit (84) se vel is potbruin van die soel son wat op Huis Najaar se stoep skyn - haar gunsteling plek om te sit.

Op haar skoot lê ‘n besoekersboek van die kunsgalerye wat sy besit het. Langs haar lê albums vol herinneringe van al die kunsuitstallingswat sy gehou het. Sy glimlag hartseer, “As ek net weer kan skilder. My life is art and art is my life.”

Dekades lank was Josephine du Toit ’n be-kende in kunskringe.

“My hele lewe is skilder. Dit is waaruit ek ‘n bestaan gemaak het vir meer as vyftig jaar. Dit is waarmee ek my eiendomme gekoop het en my drie kinders se universiteitstudies betaal het. Skilderye was nog altyd my enigste bron van inkomste,” sê Josephine.

Maar vir die afgelope drie jaar is Josephine kwas- en kunsloos en afhanklik van die maandelikse Sassa-pensioen. “Weet jy hoe frustrerend is dit? Ek het ‘n skeppende gees wat kreatief besig wil wees. Só het ek nog altyd deur al my lewenskrisisse gekom … al verwende.”

Josephine (nou Engelbrecht) het in die vroeë sestigs kuns studeer by die toe internasionaal bekende Alfred Krentz Kunsskool in Kaapstad. “Hy (Alfred Krentz) het vir my gesê ek is met kleur in my kop gebore.”

In dié tyd het Josephine haar man Japie du Toit in Seepunt ontmoet. “Ek was halsoorkop verlief en binne tien dae is ons getroud en is ek saam met hom Rhodesië toe.” Daar het hulle in Sinoia (nou Chinhoyi) op die plaas Hills and Dales, een van Du Toit se nege plase geboer.

“Dit is waar ek as skilder bekend geword het. Standard Bank het my jaarliks genooi na hulle gesogte kunsuitstalling in Harare. Dan was hulle nog so nice om sommer ook van my skilderye te koop.”

In 1980 moes Josephine en haar drie kinders uit Rhodesië vlug weens die bosoorlog. “Ek het in Hermanus met R40 in my beursie en ons drie klein kindertjies aangekom. Snags wanneer hulle slaap, het ek geskilder. So kon ek vir ons ‘n klein huisie koop wat ek oor jare afbetaal het met my skilderye wat ek verkoop het.”

Josephine het ’n ruk later met die eerste van haar Art Snippets galerye begin.

“Ek’t baie in my lewe getrek. Oral waar ek gebly het, het ek ‘n Art Snippets oopgemaak en kuns en boeke verkoop. My laaste Art Snippets was by 3 Harbour Road, langs die biblioteek in Hermanus. Daarna was my galerytjies oral in my huise.”

Josephine het op verskeie plekke in Suid-Afrika gebly en ook in Namibië in Swakopmund, Usakos en Tsumeb, waar sy ‘n padstalletjie en galery gehad het. Voor sy na Huis Najaar gekom het, het sy op Jeffreysbaai gewoon.

Sy blaai deur haar galery-besoekersboek en wys name van oud-bekendes. “Dit was interessante mense wat oor my pad gekom het. Ek het ‘n vol lewe geniet, ten spyte van baie hartseer.”

As gevestigde skilder in Hermanus het sy beweeg in kunstenaarkringe waar sy bekendes ontmoet het soos Irma Stern, Frans Claerhout, Pieter van der Westhuizen en Pieter-Dirk Uys. Sy het ook skouers geskuur met Vladimir Tretchikoff en sy vrou Natalie. “Elke keer wat ek hulle by die bioskoop gesien het, het sy met ‘n boksie Black Magic sjokolade onder haar arm geloop.”

Vandag het Josephine “nie meer een familie-lid in die hele wêreld oor nie. My kinders is al drie oorlede sonder enige kleinkinders. Al wat ek van my lewe oor het wat na aan my is, is ‘n paar skilderye.”

Sy blaai deur haar foto-album en wys ‘n koerantberig oor die plaas waar sy grootgeword het - Schoongezicht in Dal Josaphat. Dit is waar die Voortrekker Sarel Cilliers gebore is.

“My pa het in daardie jare in die Tweede Wêreldoorlog geveg en my ma moes ons alleen grootmaak in daardie groot ou huis. Dit was moeilike jare. Die tyd wat my die naaste aan die hart lê, was later jare toe ons Philadelphia toe getrek het.”

Haar laaste trek was na Huis Najaar, daar waar sy nou op die sonstoep droom om wéér haar naam - Jospehine du Toit – op ‘n voltooide skildery te verf. Al wat sy nodig het om dit te doen is olieverf, vernis, borde en natuurlik ruimte om kreatief te wees. Die inspirasie is daar, “Hier is soveel ou gesigte wat vra om geskilder te word.”

Mense wat Josephine met haar wens wil help, kan olieverf, kwaste, verfborde en vernis skenk. Dit kan by die UD Express-kantoor in Graaff Reinetweg afgegee word. Frans Swanepoel, ‘n bestuurslid by Huis Najaar, wil ’n Wendy House in die tehuis se tuin opsit wat Josephine as ateljee kan gebruik.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.