Baviaanskloof-vloed 100 jaar herdenk

2016-02-25 06:00
Die aanwysingsbord in die Baviaanskloof na die monument ter herinnering aan 5 Mei 1916 se groot vloed. Foto: Verskaf

Die aanwysingsbord in die Baviaanskloof na die monument ter herinnering aan 5 Mei 1916 se groot vloed. Foto: Verskaf

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

“Almal was daardie Vrydagoggend reeds vroeg op. Elkeen het verwag om groot gebeurtenisse te hoor en treurige skouspele te sien. En dit was ook so.

“So ver die oog kon sien, was net water. Huise wat nog die vorige aand daar was, het verdwyn.”

Dié Vrydag was 5 Mei 1916. Die plek: die Baviaanskloof. Die vertelling hierbo kom uit Baviaanskloof Stories deur J.C. Scheltema.

Die gevierde skrywer P.H. Nortjé het al vroeër jare die boek Die Wildedruif Val oor die Baviaanskloof-vloed geskryf.

Die deel waar Nortjé skryf oor hoe die Campbell-gesin en Hans Terblanche, ’n loseerder, hul laaste toevlug geneem het tot ’n wildedruifboom om aan die siedende water te probeer ontsnap, plaas die leser in die traumatiese gebeure, veral toe ook dié boom later onder die waterkrag meegegee het.

Sewe mense, onder wie vier van die Campbell-gesin, het verdrink.

Terblanche het in 1981, kort ná die Laingsburg-vloed, aan Die Transvaler, ’n destydse oggendkoerant, geskryf dat dit dae en nagte aaneen gereën het ”sodat alle spruite en klowe oorstroom het – vandaar die grootste oorstroming in menseheugenis in die gebied”.

“Die huis het voor ons oë weggespoel, tot die fondamente toe, soos al die ander huise in die omgewing, waaruit die eienaars betyds uitgevlug het.”

Toe die watermassas die wildedruif ontwortel, het Terblanche en Robert, een van die Campbell-seuns, een kilometer verder stroomaf gedryf met die boom totdat dit vasgesteek het. ’n Monument ter herinnering aan die Baviaanskloof-vloed van 5 Mei 1916 is later opgerig.

Herdenking van vloed

Vanjaar, ’n eeu later, sal dié vloed wat soveel lewens ingrypend verander het (benewens die lewens- en eiendomsverlies is baie landbougrond tot op die klipbodem weggevee), op 7 Mei in die Baviaanskloof herdenk word. Die verrigtinge begin om 10:00 by Zaaimanshoek. Onder meer sal enkele verhale soos deur die ou mense oorgedra, vertel word.

  • Vir meer inligting en verblyf-navrae, kontak Hestelle van Rensburg by 049 835 1026, Boetie Terblanche by 044 923 1921 en Jana Meyer by 079 894 8952. – Mariska Spoormaker

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

How to open a beer bottle without an opener

Do the right thing and never be thirsty again…

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…
WATCH: Conor McGregor: Notorious the trailer
Best date night restaurants in South Africa
WATCH: Ryan Reynolds offers fans a free tattoo in new Deadpool 2 teaser
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.