‘Befoeterde bul in my tuin’

2016-08-18 06:00

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Melanie du Toit van Uitenhage is nie ’n boer nie, maar sy het ’n bul wat die afgelope maand in haar tuin boer.

Die groot swart loslopende bul kom soggens nog voor 06:45 en vreet homself trommeldik in haar tuin in Fairbridge Heights. Dan skuur hy sommer enigiets wat jeuk teen haar bome af.

“Brekfis, middagete en aandete is daai bul hier,” sê Du Toit.

Bedags loop hy blykbaar oor die besige Graaff-Reinetweg om by Willowdam uit te kom, waar hy dan sy dors les en onder die koeltebome lê, voordat hy weer die aand ’n draai by Du Toit se tuin maak.

“En om alles te kroon, het die bul nogal ’n ‘vriend’ vir ete oorgenooi. Sommer net so. Die Du Toit’s sal mos kos voorsien.”

Haar vyf lollipop-bome en vier jong palmbome voor haar huis is blykbaar soos soetkoek deur die tweemanskap verorber.

“Ons het die afgelope vakansiedag nogal in die tuin gewerk om die beeste se skade te herstel, maar dit is alles ongedaan,” sê sy moedeloos.

Du Toit sê sy ken die veebeheernommer al uit haar kop, so baie het sy dit al geskakel.

“Die mense van die diereskut kom uit, maar jaag die bul net rond en kry hom nie gevang nie.”

By navraag het Deirdré Swift, voorsitter van die Uitenhage Dierebeskermings- vereniging, gesê sy weet presies watter los- lopende bul dit is.

“Ek het al self amper in hom vasgery toe die bul oor Graaff-Reinetweg loop.

“Ek het al twee keer die veebeheermense gekontak om die bul skut toe te neem, maar hulle beweer die bul is te wild om te vang.”

Volgens ’n werker van die veebeheer- eenheid, wie se naam nie genoem mag word nie, het hulle al verskeie kere probeer om die bul op hok te jaag, maar die bul is té wild om vas te keer.

“Die bees is baie aggressief. Hy bestorm alles en almal.

“My bestuurder het gesê ál uitweg is om die bul in die teenwoordigheid van ’n veearts en die polisie te skiet, maar dit word nog bespreek,” het die beampte gesê.

Mthubanzi Mniki, ’n munisipale woordvoerder, het nie op navrae oor planne vir die bul en sy beesvriend gereageer nie.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.