Begeesterde Mia se planne vir Drostdy

2019-09-19 06:00
Mia Smit, bestuurder van Drostdy Werksplek vir vestandelik gestremde volwassenes, voor die werkplek waar dit woel om die gebou op te knap.         Foto:HEILIE COMBRINCK

Mia Smit, bestuurder van Drostdy Werksplek vir vestandelik gestremde volwassenes, voor die werkplek waar dit woel om die gebou op te knap. Foto:HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DROSTDY Werkplek, ’n beskermde werkplek vir volwassenes met verstandelike gestremdhede, is besig om ’n transformasie te ondergaan met die begeesterde maatskaplike werker Mia Smit aan die roer van sake.

Sy het dié werkplek soos ’n warrelwind getref. Die gebou wat meer as 100 jaar oud is, word opgeknap, die agtertuin opgeruim, die werkers uitgedaag om nuwe vaardighede aan te leer en daar is selfs ’n paar nuwe eetgoed op die weeklikse verkoopslys en die Kerskoekielys wat op 1 Oktober gesirkuleer gaan word.

“Dis geen geheim nie dat dit baie harde werk is om Drostdy aan die gang te hou. Subsidies is absoluut nie voldoende nie en ons begin elke maand met R40 000 in die rooi,” sê Mia wat begin Augustus as bestuurder van die Drostdy Werkplek op Uitenhage aangestel is.

“My ideaal is dat Drostdy selfonderhoudend moet raak, maar dit gaan ’n lang pad wees. Huidiglik moet ons almal baie hard werk en woeker om genoeg geld in te kry om die werkplek se deure oop te hou, die werkers konstruktief besig te hou, en om hulle vaardighede aan te leer.”

Daar word spontaan na die Drostdy Werkplek se 83 werkers verwys as “kinders” hoewel almal volwasse en sommiges reeds ouer as 50 jaar is.

Wees anders en help om ’n verskil te maak

Geld word ingesamel deur weekliks brood te bak en roosterkoek, worsrolle, jaffels en ander eetgoed te maak wat verkoop word. Buiten die kombuis, is daar ook ’n naaldwerk- en houtwerk-afdeling waar onder meer verstel-, herstel- en opdragwerk teen vergoeding gedoen word.

Mia is energiek, andersdenkend en “nee” is nie ’n antwoord vir haar nie. Haar filosofieë in die lewe is: “You only live once. You can’t make a difference - if you are not different. The greatest thing you’ll ever learn is just to love and be loved in return.”

As maatskaplike werker is terapie-projekte om vaardighede aan te leer haar groot passie en daarom het sy ’n asesseringslêer vir elke werker begin.

“Hulle het gedink ek is van my trollie af toe ek sê, kom nou gaan ons bietjie inkleur. Maar dit is baie terapeuties en verg fyn motoriese vaardighede, só ek kon asesseer wie gaan goed in watter afdeling werk.

“Dit is vir my belangrik dat die kinders waardig moet voel en dit kom deur erkenning aan hulle te gee vir dit wat hulle goed doen. Ook dat hulle trots moet wees om by Drostdy te wees.

“Daarby wil ek die publiek en veral die jeug se persepsies oor verstandelik gestremdes verander. Mense help graag kinders, oumense en diere, maar vermy verstandelike gestremdes. Hoekom? Hulle het ook liefde, erkenning en menswaardige behandeling nodig.”

Opknapping van werkplek

Mia, ook die president van die Uitenhage Rotariërklub, se pad het ’n paar jaar gelede met Drostdy gekruis, as deel van dié sosiale klub se uitreik-projekte om ’n positiewe verskil in die gemeenskap te help maak.

“Van die Rotariërklub se kant af het ons begin lap en stop waar ons kon om die werkplek te help. Daar is ook heelwat mense op die dorp op wie se nommers ons druk en hulle kom help dadelik. Iets waarvoor ons baie dankbaar is.

“Kyk, hier bars ’n pyp byna op ’n daaglikse basis en dan skop die krag ook nog uit. Die oonde is dié plek se hartklop en ons kan nie bekostig om nie op ’n daaglikse basis te bak nie.”

Drostdy Werkplek is een van enkele be-skermde werkplekke vir volwasse verstandelik gestremdes in Suid-Afrika. Mia het Yvonne Barkhuizen opgevolg wat vir drie dekades by Drostdy was.

“Sy is vir my ’n baie groot mentor. Wat sy hier vermag het sal ek haar vir altyd admireer.”

Vir meer inligting oor Drostdy Werkplek, gaan loer by hulle in in Kerkstraat of bel 041 992 4195.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.