Bekende speurder sterf na hartaanval

2019-08-01 06:01
=Ao. Jacques Nell.   Foto:HEILIE COMBRINCK

=Ao. Jacques Nell. Foto:HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE legendariese Uitenhage speurder en ywerige rolbalspeler Jacques Nell, alombekend as “Njaf Njaf”, is vroeg verlede Sater- dagoggend oorlede na ’n massiewe hartaanval.

Speurder adjudant-offisier Nell was vir 28 jaar en 130 dae in diens van die Suid-Afrikaanse Polisiediens. Hy het in 1992 sy opleiding aan die polisie-opleidingskollege in Pretoria voltooi en is daarna as ’n jong konstabel in Uitenhage ontplooi.

In sy loopbaan was hy verantwoordelik vir baie suksesvolle arrestasies. Verlede jaar Oktober was hy in die nuus nadat ’n verdagte hom elf keer gesteek het met ’n mes wat eers in ’n piesang versteek was. Hy het met twee verdagtes, wat beide geboei was, en ’n klaer in sy Nissan-dubbelkajuitbakkie na die Uitenhage-polisiekantoor gery toe een van die verdagtes ’n mes uit die piesang gepluk en toe hom verwoed begin steek het.

Nell het sy pepersproei op die verdagtes leeg gespuit. Die klaer het laat spaander en die verdagtes het ontsnap, maar is later weer in hegtenis geneem. Een van die steekwonde het sy nekslagaar nét gemis.

Nell het verskeie medaljes in sy loopbaan ontvang vir getroue diens sowel as vir sy dienslewering tydens die Wêreldbeker Sokker.

Nell en sy drie broers het almal die polisie as ’n loopbaan gekies. Sy oudste broer, Ouboet Nell (60) het verlede jaar uitgetree na diens by die KwaNobuhle-polisie. Francois Nell is steeds in diens by die KwaNobuhle-speurders en sy ander broer Riaan “Pollie” Nell wat by die Kamesh-polisie was, is ’n paar jaar gelede oorlede.

’n Ander groot tydverdryf vir Nell was om rolbal te speel vir die Uitenhage Rolbalklub. Daar was hy ’n “all rounder” en het vir goeie vermaak op en van die rolbalbaan gesorg.

  • Ao. Nell se begrafnis is vandag om 14:00 by NGK De Mist-kerk. Nell word oorleef deur sy vrou Chantelle en hul dogter Jamie-Leigh wat in graad 7 by Laerskool Handhaaf is.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.