Beloning vir hergebruik van plastiek

2018-11-08 06:01

DIE Shoprite-groep het ’n unieke plan bedink vir die stryd teen plastiek: Beloon verbruikers wat hergebruik.

Voortaan gaan mense wat sogenaamde “planet”-sakke by Shop- rite, Checkers of Usave koop, 50c afslag kry elke keer as hulle dit wéér in dié winkels gebruik.

Die “planet”-plastieksakke is van ten volle herwonne plastiek gemaak en is ook weer herwinbaar. Die sakke is groter en sterker omdat dit van 70 mikron plastiek gemaak word pleks van die standaardsakke, wat van 24 mikron gemaak word.

Die sakke is ook heelwat duurder – hulle kos R3 elk, pleks van die gebruiklike plastieksak van tussen 35c en 75c elk.

Shoprite verseker egter dat elke sak ’n hele paar keer gebruik sal kan word, en élke keer sal jy 50c afslag kry.

Shoprite se sakke is reeds sedert 2013 ten volle herwinbaar.

Pick n Pay het in Augustus vanjaar herwonne sakke bekend gestel.

Spar gee klante deesdae die keuse om kardoessakke te kies.

Woolworths het vanjaar aangekondig hy wil teen 2020 ontslae raak van alle plastiek wat net een keer gebruik word, insluitend die verpakking van kos op sy rakke.

Shoprite bereken dat 2 miljoen plastieksakke elke minuut wêreldwyd weggegooi word en dat net 5% van mense hul inkopiesakke hergebruik.

Die groep gebruik herwinbare materiaal in byna 60% van al sy verpakkings vir vrugte en groente. Biodegradeerbare verpakkings word gebruik vir ’n groot verskeidenheid groentes, waaronder blomkool, broccoli en skorsies.

Dié stap gaan beteken dat die Shoprite-groep elke jaar 3,5 miljoen minder polistireenskuim-verpakkings gebruik. –NETWERK24

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts

Jobs in Cape Town [change area]

Jobs in Western Cape region

HSE Manager

Cape Town
Tumaini Consulting
R550 000.00 - R650 000.00 Per Year

Reporting Accountant

Cape Town
Network Finance Professional / Prudential
R310 000.00 - R360 000.00 Per Year

IT Manager (contract)

Cape Town CBD
Communicate Cape Town IT
R330 000.00 - R458 000.00 Per Year

Property [change area]

There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.