Besetters kry dienste?

2019-02-07 06:00
HOOFFOTO: In November verlede jaar het ’n groep grondgrypers naby Despatch vir hulle erwe uitgemerk en strukture opgerig.INLAS: In sekere areas in die Nelson Mandelabaai-metro, waar inwoners grond onwettig beset, gaan basiese dienste soos water en elektrisiteit aan dié inwoners verskaf word.                                      Foto’s: Lulama Zenzile

HOOFFOTO: In November verlede jaar het ’n groep grondgrypers naby Despatch vir hulle erwe uitgemerk en strukture opgerig.INLAS: In sekere areas in die Nelson Mandelabaai-metro, waar inwoners grond onwettig beset, gaan basiese dienste soos water en elektrisiteit aan dié inwoners verskaf word. Foto’s: Lulama Zenzile

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Minstens 20 informele buurte waar grond onwettig beset word, gaan munisipale dienste kry, het Mongameli Bobani, burgemeester van Nelson Mandelabaai, aangekondig.

Hy het onlangs gesê onwettige uitsettings sal nie onder sy “swart-koukus-regering” toegelaat word nie. Hy het ook in KwaNobuhle beveel dat plakkers se boumateriaal teruggegee word nadat werknemers van die metro hul huisies afgebreek het.

Op ’n komiteevergadering van die metro se afdeling vir menslike nedersettings verlede week, is daar besluit die metro gaan steeds dienste verskaf aan mense wat onwettig op grond woon.

Dié besluit beteken honderde onwettige grondbesetters sal toegang kry tot basiese dienste soos water, riolering en elektrisiteit.

Andile Mfunda, burgemeesterskomiteelid en hoof van die metro se komitee vir menslike nedersettings, het by navraag gesê: “Ja, die plan is goedgekeur, en die proses om basiese dienste aan mense te verskaf moet versnel word.

“Jy moet onthou dat sommige van die mense wat in die areas woon, al vir ’n baie lang tyd daar bly. Kyk byvoorbeeld na die mense in Moeggesukkel, wat al meer as 18 jaar daar is.”

Die buurte waar dienste aan besetters gelewer gaan word, sluit in Moeggesukkel, Chatty, Kamesh, Wells Estate, Missionvale, Khayamnandi, Motherwell en Langa.

Die metro het ’n agterstand van 84 000 Hop-huise.

Ngaba Bhanga, die DA se premierskandidaat vir die Oos-Kaap, sê mense kan nie toegelaat word om net strukture te op te slaan waar en wanneer hulle wil nie. Die onwettige besetting van grond moet stopgesit word.

Die raad kan nie toelaat dat mense wat nou grond beset, huise kry voor diegene wat al meer as 25 jaar vir ’n huis wag nie.

“Mense wat al jare lank wag, gaan ’n onreg aangedoen word as ander mense nou die kortpad kies en voor in die tou wil spring.

Vervolg op bl.2

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.