Besoekers uit duisende rand bedrieg

2018-07-05 06:01
Die terrein van die Kirkwood-wildfees.

Die terrein van die Kirkwood-wildfees.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Besoekers van so ver as Worces­ter en Polokwane aan die jaarlikse Kirkwood-wildfees is die afgelope naweek uit duisende rand bedrieg wat hulle vir verblyf betaal het.

Kirkwood is ’n klein sitrusdorp sowat 80 km buite Port Elizabeth en lok jaarliks duisende feesgangers.

’n Plaaslike inwoner het glo die afgelope naweek van die geleentheid gebruik gemaak om ’n huis aan besoekers te “verhuur”.

Dié vrou het volgens die slagoffers aangedring dat die volle bedrag so gou as moontlik in haar bankrekening inbetaal moet word. Maar op die nippertjie het die vrou hul verblyf met talle verskonings gekanselleer, sonder om hul geld terug te betaal.

Die vrou het by navraag versuim om onmiddellik te reageer.

Janine Bain van Port Elizabeth, ’n slagoffer, sê hulle het
R2 800 verloor en geen verblyf gehad toe hul bespreking Vrydagoggend deur die vrou van Kirkwood gekanselleer is nie.

“Sy het my Vrydag gebel en gesê die vrou wie se huis ons sou huur, is glo weg met die huissleutel nadat sy na bewering haar man met ’n ander vrou in die bed gevang het,” sê Bain.

Oplaas is Bain-hulle terug huis toe. “Ek was ontsteld en het steeds nie my geld teruggekry nie.”

Nóg ’n slagoffer, Lindy Herselman, wat sowat twee uur buite Tarkastad op ’n plaas woon, sê sy het tot dusver R800 teruggekry, maar wag steeds op nog
R1 000 wat sy betaal het. Herselman sê die vrou het haar die Woensdag voor die fees gebel om te sê sy moet die verblyf kanselleer, aangesien ’n familielid skielik dood is en haar familie die naweek van die wildfees in daardie huis sal tuisgaan.

“Ek het dadelik R800 teruggekry in my een bankrekening, maar net ’n bewys van betaling vir die R1 000, wat nog nie in my rekening inbetaal is nie. Ek vermoed die bewys van betaling is dalk vervals.”

Nóg ’n vrou, wat anoniem wil bly, sê die betrokke vrou het haar verblyf ook die Woensdag voor die fees gekanselleer met ’n verskoning dat die huiseienaar se ma in die Livingstone-hospitaal in Port Elizabeth vermoor is.

“Alles goed en wel as dinge buite jou beheer gebeur, maar ek soek my geld terug. Nie net het ek nie verblyf gehad nie, daardie vrou het R2 400 van my gesteel en daarom is ek polisie toe.”

Volgens ’n betroubare bron was die betrokke vrou al voorheen by soortgelyke slenters betrokke, maar is sy nog nooit amptelik aangekla nie.

Sers. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder op Kirkwood, sê die polisie is bewus van die voorvalle en ondersoek vier sake wat aangemeld is.

Ao. Alwin Labans, polisiewoordvoerder in Port Elizabeth, sê die afgelope twee dae is nog vier sake in verband hiermee ook in Port Elizabeth geopen en sal dit deur die Kirkwood-polisiekantoor ondersoek word.

“Die vrou teen wie die aanklagte gemaak word, is nie ’n lid van die wildfeeskomitee of ’n agent vir die wildfees nie.

“Geen verblyf word deur die wildfees-kantoor bespreek nie,” het Jenni Honsbein, die wildfees se direkteur, gesê.

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.