‘Boeta, daar is hoop vir jou,’ sê dominee met sy wen-boek

2016-10-06 06:00
=Jan Vermeulen (56), ’n dominee op Despatch, stel binnekort sy eerste roman ná 15 jaar bekend.  Foto: ALVENÉ APPOLLIS

=Jan Vermeulen (56), ’n dominee op Despatch, stel binnekort sy eerste roman ná 15 jaar bekend. Foto: ALVENÉ APPOLLIS

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Hy was maar ’n baksteen en ’n tiekie hoog toe hy besluit: Ek wil ’n verskil maak.

Vir Jan Vermeulen (56), ’n dominee en skrywer van Despatch, lê dié “verskil maak” egter nie nét in die bediening nie, maar ook in die mag van die pen.

Vermeulen stel op 19 Oktober sy derde boek, Asem, bekend.

Dié aangrypende verhaal oor ’n tienerseun wat sy weglooppa haat en met ’n pakkie rottegif wil doodmaak, maar later in dwelms verval, het die eerste prys in die Lapa-jeugromankompetisie gewen.

Dié roman – oor hoop – is sy eerste ná Die laaste dans (1998) en Geraamtes dra nie klere nie (2000).

“Die 15 jaar se stilte was maar oor ’n mens so besig was; die lewe gebeur,” sê hy tydens ’n kuier oor ’n koppie tee by sy huis in Ossewastraat, Despatch.

“Die nuwe boek is glad nie geskoei op my eie ervaring nie; ek het nog nooit dagga in my lewe gerook nie,” spot hy.

“Ek dink ek identifiseer tog met die karakter met die afwesigheid van sy pa. Ek was nog ’n kind toe my eie pa dood is, so ek verstaan die leemte. Maar in die bediening het ek baie met jongmense te doen gehad; ek ken tieners se hartklop – veral die gebrokenes.”

Vermeulen, oorspronklik van Namibië, het sy bediening in die NG Kerk in George begin voordat hy sy beroep in dié genootskap in Despatch voortgesit het.

Hy het uit die NG Kerk weggebreek “vir ’n nuwe begin” en dien nou “nie-amptelik” as dominee op die dorp – ’n beroep wat hom as kind gekies het.

“Ek was in die laerskool toe die verskilmaak-saadjie in my begin roer het,” onthou hy. “Ek het een dag in die asblik buite die huis gekrap en die pragtigste lilakleurige parfuumboksie gesien.

“Uit nuuskierigheid het ek gewonder wat in dié mooi houer kon wees, maar toe ek dit oopmaak, was dit vol sigaretstompies en as.

“Dit het my ontstel. Ek het gedink: Dis hoe ons as mense ook is – mooi aan die buitekant, maar binne . . .”

Asem is egter nie ’n preek nie, sê hy. Dis wel sy manier om aan tieners wat met die lewe worstel te sê: Boeta, daar is hoop vir jou.

“Dis ’n storie wat mens herinner dat dit nie saak maak hoe ver grond toe jy geval het nie, maar dat jy weer kan opstaan. Selfs dominees val; ek inkluis. Maar ek glo in hoop en dié geloof in die hoop is beslis sentraal in die boek.”

Die boek word op 19 Oktober deur die ATKV Despatch Jeugtak bekendgestel by Hoërskool Despatch. Vir meer inligting kontak Admina Smit by 082 670 1686 of Kosie Smit by 082 875 6911.

  • Twee kopieë van Jan Vermeulen se boek Asem wag om gewen te word op die UD Nuus se Faceboek-blad. Gaan loer gerus op dié blad en skryf in!

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham

Here are just ten of our favourite plus-sized models:

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content these holidays
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
How to open a beer bottle without an opener
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.