Bokser wil spoeg-wet deurvoer

2020-03-26 06:00

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

HOU asseblief tog net op om in die straat te spoeg!

Dit is nie net ’n pleidooi wat die Filippyne se boksende senator Manny Pacquiao uiter nie, maar ook ’n waarskuwing.

Pacquiao is besig om ’n wet in die Filippynse wetgewer te probeer deurvoer wat mense in dié land sal verbied om in die openbaar te spoeg. Volgens Pacquiao se “Anti-Spoeg-Wet van 2020” sal dit teen die wet wees om in openbare plekke te spoeg of neus te blaas. Oortreders sal volgens ABS-CBN News enigiets van 5 000 (ongeveer R1 600) tot 50 000 (ongeveer R16 200) pesos beboet word.

Met dié wet wil Pacquiao help om die verspreiding van Covid-19 te beveg.

  • Ironies was so ’n spoegwet vroeër van krag in Suid-Afrika. Aan die voet van die vyf-verdieping hoë Victoria-toring op Uitenhage, is dié wet in die sypaadjie verewig.

Die woorde: “Niet Spugen” en dat ’n boete opgelê sal word is in 1889 in koperletters gegiet en in die sypaadjie vasgemessel.

In ’n tyd van Covid-19 verskrikking, dien dié stokou kennisgewing ’n nuwe doel.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.