Brandwag eerste krieketspan klop Tiere met 57 lopies

2019-01-24 06:01
=Brandwag se kaptein, Dano Swart, se 63 lopies het ’n belangrike bydra tot sy span se oorwinning oor HTS Daniel Pienaar gemaak. Die veldwerker op die agtergrond Luqmaan Sirkhotte.                                        Foto:KAREN PIENAAR

=Brandwag se kaptein, Dano Swart, se 63 lopies het ’n belangrike bydra tot sy span se oorwinning oor HTS Daniel Pienaar gemaak. Die veldwerker op die agtergrond Luqmaan Sirkhotte. Foto:KAREN PIENAAR

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE eerste krieketspan van die Hoërskool Brandwag het Saterdag die bordjies van verlede jaar verhang toe hulle die Hoër Tegniese Skool Daniel Pienaar met 57 lopies gewen het.

Brandwag het tuis eerste gekolf en 187 vir 6 in die toegelate 50 beurte aangeteken. Die beste kolwers was kaptein Dano Swart (63) en die twee laaste kolwers wat staande gebly het, Handré Viljoen (32) en Ben-Martin Ferreira (28).

DP se beste boulers was Luqmaan Sirkhotte (2 paaltjies vir 24 lopies in 10 beurte) en Cameron Williams (2 paaltjies vir 47 in 8 beurte).

Die besoekers was almal uit vir 130 na 46 beurte. DP se beste kolwers was Luqmaan Sirkhotte (32) en Danté Darries (28) wat aan Brandwag ’n oorwinning met 57 lopies besorg het. Brandwag se beste boulers was Daniel Smith (3 paaltjies vir 15 lopies in 10 beurte), Kyle Erasmus (3 paaltjies vir 32 in 8 beurte) en Lyle Matola (2 paaltjies vir 22 in 10 beurte).

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.