Brandwag netbal beste in dié geweste

2016-08-11 06:00
=Brandwag se eerste netbalspan is van links Kayla Delport, Tanya du Preez, Liané le Roux, Rozanne du Preez, Anneli Zietsman, afrigter Karen Schonken, kaptein Danielle Thirion, Zoë Marais, Elmé de Jager, Mothira Mohammad, Johané Smalberger en Margo Kapp.                                  Fotos: KAREN PIENAAR

=Brandwag se eerste netbalspan is van links Kayla Delport, Tanya du Preez, Liané le Roux, Rozanne du Preez, Anneli Zietsman, afrigter Karen Schonken, kaptein Danielle Thirion, Zoë Marais, Elmé de Jager, Mothira Mohammad, Johané Smalberger en Margo Kapp. Fotos: KAREN PIENAAR

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Hoërskool Brandwag het vanjaar netbalprestasies ingeryg met die eerste netbalspan aan die spits.

Die eerste netbalspan is tans onoorwonne in hulle skoleliga, die kampioenspan in die metro en het in senior klubnetbal ook die opposisie uitgestof.

Brandwag se eerste span het daarby pas hulle vierde SA netbalspeler in drie jaar opgelewer toe hulpdoel Mothira Mohammad vir die SA o.17-span gekies is.

Verlede jaar is doel Mikyla McLeod vir die o.18 SA oefengroep gekies en in 2014 is Yolandé Willemse en Robyn Titus ook as o.18’s gekies.

Brandwag het Framesby in die Nasionale Uitkloptoernooi geklop en is die beste skole-span in die Nelson Mandela Metro vir die sesde agtereenvolgende jaar.

Met dié prestasies het die eerste span vanjaar vir senior klubnetbal ingeskryf en Brandwag het die Grand Challenge onoorwonne as wenners voltooi.

In April het Brandwag tweede geëindig by die K2 Topskole Toernooi op Oudtshoorn toe hulle in die finaal teen Hoërskool Brackenfell, ’n skool met ver oor ’n duisend leerders, vasgeval het. Brandwag het tydens dié toernooi met Worcester Gimnasium, Bonnie-vale, Upington, Jim Fouché en Duineveld afgereken. Op die Despatch Sportfees het Brandwag ook teen Hangklip, Gill College, DF Malherbe en Cradock gewen. In derby wedstryde was Brandwag baas teen Despatch, Pearson, Collegiate, Nico Malan en Oudtshoorn.

Brandwag se eerstespan-afrigter, Karen Schonken, glo die sukses van dié span is te danke aan ’n proses van talentontwikkeling wat reeds op o.14-vlak begin.

Vir dié rede is sy volgende jaar wéér betrokke by o.14-netbalafrigting.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.