Brandwag netbal op pad na nasionale uitkloptoernooi

2017-08-03 06:00
=Brandwag se eerste span netbalspelers (agter van links) Martelize Kruger, Siba Nika en Chanri Strydom. Voor is Cayla Colling, Zoë Marais, Mothira Mohammed (kaptein), Caryn-Ann Howard en Johané Smalberger (onderkaptein). Afwesig: Rozanne du Preez.            Foto:KAREN PIENAAR

=Brandwag se eerste span netbalspelers (agter van links) Martelize Kruger, Siba Nika en Chanri Strydom. Voor is Cayla Colling, Zoë Marais, Mothira Mohammed (kaptein), Caryn-Ann Howard en Johané Smalberger (onderkaptein). Afwesig: Rozanne du Preez. Foto:KAREN PIENAAR

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Brandwag se eerste netbalspan vertrek vandag na Bokburg om die Oos-Kaap by die Nasionale Skole Uitkloptoernooi te gaan verteenwoordig in die o.18-afdeling.

Brandwag se span het hulself reeds vroeër vanjaar weereens as die top span in die metro bewys deur alle plaaslike opposisie uit te skakel. By die Oos-Kaap kampioenskap het Brandwag tweede geëindig nadat hulle Nico Malan 34-21 geklop het, maar 29-31 vasgeval het teen Hoërskool Kingsridge. Met ’n tweede plek in die Oos-Kaap kwalifiseer Brandwag se o.18-span om aan die Nasionale Uitklop deel te neem.

Brandwag se 2017 o.18A-span het die Oos-Kaap sedert 2014 elke jaar in hul ouerderdomsgroep by die Nasionale Uitkloptoernooi verteenwoordig. Die span het vier o.16 OP-spelers, Chanri Strydom, Caryn-Ann Howard, Martelize Kruger en Cayla Colling. Spankaptein, Mothira Mohammed, is kaptein van die OP o.18-span.

Afrigters Alida Duvenhage en Ané Barnard vergesel die span. Hulle albei is SA gegradeerde skeidsregsters. Duvenhage het ’n SA “A” gradering en Barnard SA “C”.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.