Brandwag reünie van sport en samesyn

2016-07-21 06:00

Oudskoliere van Hoërskool Brandwag kan van vanaand af nader staan vir ’n heerlike samekoms by die skool se jaarlikse Oudskoliere Reünienaweek.

Die reünie val vanjaar saam met Brandwag se kragmeting teen Hoërskool Despatch waarin dié twee skole mekaar in hokkie, netbal en rugby die stryd aansê.

Verrigtinge skop vanaand 18:00 af met die tradisionele “groot brag” waar die kapteins hulle spanne aan die skool voorstel. Gholfspelers kan vir Francois Anker by 084 502 1191 kontak om môremiddag by die Uitenhage-klub saam af te slaan.

Saterdag skop die sport vroeg af en oudskoliere kan ’n kermis-atmosfeer geniet met stalletjies waar onder andere vars plaaspro-dukte te koop is. Braaipakke, wat bykosse insluit, sal vanaf net na die eerste rugbyspan se wedstryd tot laataand beskikbaar wees teen R50 elk. Braaidromme, hout, eetgerei en ’n kroeg is op die terrein beskikbaar.

Sondagoggend sluit oudskoliere by die NG Uitenhage Noord-gemeente aan vir die diens om 09:00 waarna tee bedien sal word.

  • Vir meer inligting kontak die skool by 041 922 8188.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 

Matric Results are coming soon!

Notify me when results become available

/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.