Brandwag tel 595,5kg plastiekdoppies op

2018-12-13 06:01
=Brandwag het 595,5 kg koeldrankdoppies ingesamel waarvan die 8/1-registerklas die meeste ingebring het. Hier is die klas (agter van links) Armand Engelbrecht, Richard Kunneke, Darren Tait, Ewan Gerber, Jonathan Scheepers, Wian van Wyk, Kian Koekemoer, Marc van Breda en Jayden Smith. In die middel is Lynique Deyzel, Carla Nance, Chyanne Mulder, Suzelle Nel, Heike Groenewald, Shani Campher, Jana Potgieter, Deviné Marais en Melissa Saayman. Voor is Keira Barendse, Lanelle Carrol, Dené-Grete van Jaarsveld, Keara Delport, Jana le Roux, Anika Ferreira en Dominique Bezuidenhout.                                                       Foto:HANLIE CURRIE

=Brandwag het 595,5 kg koeldrankdoppies ingesamel waarvan die 8/1-registerklas die meeste ingebring het. Hier is die klas (agter van links) Armand Engelbrecht, Richard Kunneke, Darren Tait, Ewan Gerber, Jonathan Scheepers, Wian van Wyk, Kian Koekemoer, Marc van Breda en Jayden Smith. In die middel is Lynique Deyzel, Carla Nance, Chyanne Mulder, Suzelle Nel, Heike Groenewald, Shani Campher, Jana Potgieter, Deviné Marais en Melissa Saayman. Voor is Keira Barendse, Lanelle Carrol, Dené-Grete van Jaarsveld, Keara Delport, Jana le Roux, Anika Ferreira en Dominique Bezuidenhout. Foto:HANLIE CURRIE

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE doppies is geweeg, maar nié te lig bevind nie.

Skole in Port Elizabeth en die omringende omgewing het meer as 3 ton plastiek in die doppie-uitdaging ingesamel en die wenners is onlangs aangekondig.

Timber Solutions, ’n maatskappy wat herwonne plastiek vir meubels en ander items gebruik, het vanjaar vir die vierde keer die skolekompetisie in die Nelson Mandela-metropool geloods.

Deelnemende skole is uitgedaag om botteldoppies, soos dié wat ’n mens op ’n koeldrankbottel kry, in te samel.

Quest School for Autism in Port Elizabeth is die skool wat die meeste plastiekdoppies ingesamel het. Hulle het 639,1 kg doppies ingesamel. In die tweede en derde plekke is skole van Uitenhage.

Die Hoërskool Brandwag is met 595,5 kg doppies in die tweede plek en die Laerskool Albertyn is derde met 528,7kg doppies.

Albertyn het ook verlede jaar die derde plek in die kompetisie behaal.

Vir hul moeite ontvang elkeen van die skole bankies wat uit plastiek vervaardig is.

Quest kry ’n 6-sitplek tafelstel ter waarde van R5 200. Brandwag ontvang ’n 4-sitplek tafelstel ter waarde van R4 400 en Albertyn kry ’n 3-sitplekbankie ter waarde van R2800.

Die pryse sal aan die begin van die nuwe skooljaar aan die skole oorhandig word. Volgens Linda Heymans, mede-eienaar van Timer Solutions Port Elizabeth, is sowat 500 doppies nodig vir ’n enkele kilogram plastiek. ’n Massiewe hoeveelheid koeldrankdoppies het dus vanjaar saam met leerlinge skool toe gegaan om herwin te word.

Volgens Heymans het meubels wat uit herwonne plastiek vervaardig is, verskeie voordele. Dit help om die omgewing skoon te hou, het geen onderhoud nodig nie en hou ongeveer sestig jaar.

Heymans sê alhoewel die skole se insamelings materiaal verskaf vir meubels wat verkoop word, dra Timber Solutions op verskeie maniere by tot die gemeenskap en ondersteun op hul beurt weer ’n hele klomp gemeenskapsorganisasies. Een van die grootste voordele van die kompetisie is egter dat dit kinders van ’n jong ouderdom af bewus maak van die belangrikheid van herwinning.

-MEDEWERKER

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 

Enter the examination number or search by province or school (NSC Students) to view results.

/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.