Brandwag terrein vernoem na Ton Vosloo

2017-08-24 06:01
=Ton Vosloo.            Foto:MEDIA24

=Ton Vosloo. Foto:MEDIA24

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Saterdag is die hoofbyeenkoms van Hoërskool Brandwag se jaarlikse reünienaweek wat vanjaar ook die viering van die skool se tagtigste bestaansjaar insluit.

Brandwag meet vanaf vroegoggend kragte met Hoërskool Pearson in hokkie, netbal en rugby terwyl die skool se jaarlikse koshuisbasaar ’n verskeidenheid vars plaasprodukte, soos groente en vleis, aanbied asook tradisionele basaar-items soos kerrie-en-rys, hamburgers ensovoorts. Almal is welkom om die winskopies te kom opraap.

Net voor die eerste rugbyspanne se kragmeting omstreeks 13:00 vind ’n kort seremonie plaas waarin Brandwag se terrein amptelik vernoem word na een van dié skool se be-kendste oudskoliere, mediamagnaat Ton Vosloo. Vosloo was vir jare betrokke by die bestuur van Naspers, Multichoice en Media24 en instrumenteel in die sukses van dié ondernemings. Hy was, onder meer, die baasbrein wat M-Net aan Suid-Afrikaners gebring het.

Saterdagaand is daar ’n oudskoliere-byeenkoms by die Lapa asook ’n mandjiedans in die skoolsaal. Verskeie jaargroepe vergader ook Vrydagaand.

  • Vir meer besonderhede oor die baie vol program, sien die skool se webwerf www.brandwag.co.za of besoek die Facebook-blad by www.facebook.co.za/Brandwag.co.za. (-Heilie Combrinck)
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.