Breëstraat se rockers in debuut-konsert

2017-11-23 06:00
=Hier is Despatch se Breëstraat rockers (van links) Wayne Taylor, Steven Mitchell, Roy Taylor en Christoper Pietersen. Die manne sal Saterdagaand om 20:00 by die Despatch Fees op die dorp se sentrale sportveld te hoor wees.                    foto:verskaf

=Hier is Despatch se Breëstraat rockers (van links) Wayne Taylor, Steven Mitchell, Roy Taylor en Christoper Pietersen. Die manne sal Saterdagaand om 20:00 by die Despatch Fees op die dorp se sentrale sportveld te hoor wees. foto:verskaf

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

In Breëstraat op Despatch rock dit!

Daar is ’n viermanskap wat nie net motor-fiets- en enjin-mal is nie, maar ook gek is oor rock-musiek. Veral rock-musiek uit die 1980’s.

Nou maak dié Breëstraat rockers reg om Saterdagaand om 20:00 hulle debuut-konsert te hou op hul tuisdorp tydens die Despatch Fees wat by die sentrale sportveld gehou word.

“Weet jy wat is kwaai! Dat al vier van ons mal is oor dieselfde musiekgenre. Dit gel net!” sê Christoper Pietersen, hoofsanger van die Breëstraat groep.

Drommer Roy Taylor en sy broer Wayne Taylor, ’n kitaarspeler, is deel van die orkes en kom uit ’n familie van musiekmakers.

Hul oupa het ’n boeremusiek-orkes gehad en hul pa het die Roy Taylor Rockband gehad. Dan is daar die baskitaarspeler Steven Mit-chell. Hy is ook ’n brawe deelnemer aan die outentieke Jam Jar Rally, ’n tipe veteraan-motor avontuur-uitdaging.

“Ons rock by verjaardae, parties en by vriende en het nog nooit by ’n konsert opgetree nie. So, ons is bietjie nervous, maar ons gaan hom gooi,” sê Christopher.

In Breëstraat kom die manne en hulle families elke tweede Vrydagaand in Wayne se motorhuis byeen. Dan word die krane oopge-draai en die litte goed losgemaak.

“Dankie aan die mense van Breëstraat dat hulle ons verduur. Dit is ook lekker om te sien hoe mense sommer hier met hulle motors stop en na ons musiek luister. Soms kry ons sommer ’n lekker handeklap ook!” sê Wayne.

Breëstraat speel gewilde rock en selfs country en bietjie blues uit die 1980’s en selfs ’n nommer of twee van Fokofpolisiekar.

Musiekliefhebbers van rock-musiek word uitgenooi om na Breëstraat se debuut-optrede te gaan kyk. Hulle is die hoofkunstenaars tydens Despatch Fees se aandprogram.

Die kanse is ook goed dat die Breëstraat manne dalk ’n eie komposisie gaan speel!

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
 

How your dog can tell what you’re feeling

Researchers have found a specific area in a dog’s brain that recognises human faces – a finding that may help to explain why dogs are so sensitive to human social cues.

 

Paws

Share your 67 minutes with animals in need this Mandela Day
Kevin Anderson’s dog is winning at Instagram!
Kim Kardashian-West buys fake testicles to boost her dog’s self-esteem
10 tips on exercising your dog
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.