Breinontwikkeling: speel bal en los die selfoon ...

2017-11-23 06:00
=Erika van der Merwe (regs) help een van Babbelbekkies Speelskool op Despatch se kleuters hoe om met die hokkiestok die bal in die sirkel te slaan.               Foto:HEILIE COMBRINCK

=Erika van der Merwe (regs) help een van Babbelbekkies Speelskool op Despatch se kleuters hoe om met die hokkiestok die bal in die sirkel te slaan. Foto:HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n Mens gee nie op met ’n kind wat leer- of aanpassingsprobleme ervaar nie, daar is altyd ’n oplossing.

Dit is die mening van Erika van der Merwe van Action Sport, ’n multi-vaardigheid sportprogram om te help met die ontwikkeling van kinders se motoriese vaardighede, karakterbou en sosiale interaksie.

Sy bied dié sportprogram by verskeie skole in die Baai aan en het nou ook begin met klasse op Despatch en Uitenhage.

“Om met ’n bal te speel is absoluut noodsaaklik vir die ontwikkeling van ’n kind. Hoofsaaklik omdat dit help met konsentrasie en hand-oog koördinasie,” sê Erika.

“Neem byvoorbeeld die verskil tussen om ’n groot bal en ’n tennisbal te vang. Die motoriese reaksies is verskillend en dit het alles met hand-oog koördinasie te doen en uiteindelik breinontwikkeling.”

Volgens Erika is dit wonderlik om te sien hoe die balsport-program ’n verandering in kinders se sosiale interaksie bewerkstellig.

“Hier is byvoorbeeld ’n seuntjie wat nie in groepsverband kon saamwerk nie. Hy kon nie ’n bal vang nie en sy aandagspan was baie kort. Na drie klasse kon ons klaar ’n verskil sien, hy is nou deel van die groep en hy geniet dit.”

Balsport help volgens Erika met konsentrasie en dit verbeter weer leervaardighede.

“In iets eenvoudigs soos om in te kleur, kan jy die verskil sien nadat ’n kind aan balsport begin deelneem het. Hulle sal netjieser inkleur en nie oor die lyne gaan nie.”

’n Ander aspek wat vir Erika belangrik is in haar sportprogram is om aan kinders erkenning te gee.

“Maak nie saak hoe goed of hoe sleg die kind doen nie, gee aan hom of haar erkenning. Dit help met emosionele ontwikkeling en karakterbou.”

Hoe vroeër kinders aan die verskillende balsporte blootgestel word hoe beter. Dit is nie nodig om daagliks ’n balsport te beoefen nie, selfs net een keer per week se blootstelling is goed.

“Dit is egter belangrik dat kinders wel by die huis vir hulle ouers wys wat hulle geleer het. Vir die kind om erkenning van ouers te geniet en vir ouers om betrokke te wees by hulle kinders se ontwikkeling.”

Vir Erika is dit kommerwekkend dat daar ouers is wat kinders toelaat om onbeperk vasgevang te word in hulle interaksie met tegnologiese toestelle.

“Dit is verskriklik hoe dit deesdae gaan. Kinders moet buite wees en speel, maar ouers laat hulle toe om vir ure op selfone of tablette te speel. Dit veroorsaak dat kinders se sosiale interaksie regtig vrot is.

“Ek weet van ’n laerskoolkind wat fisioterapie vir sy skouertjies moes kry omdat hy konstant met ’n selfoon vooroor geboeë sit en dit is net die duimpies wat beweeg. Daar is geen spierontwikkeling nie en so ’n kind leer nie hoe om sosiaal te verkeer nie,” sê Erika.

Die Action Sport program is vir kinders tussen die ouderdomsgroepe van 2 tot 7 jaar.

  • Vir meer inligting bel Erika van der Merwe by 076 941 3149 of e-pos: erikavandermerwe9@gmail.com

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Men.24 Model of the Week: Wendy from Cape Town

Find out more about our featured model, Wendy from Cape Town

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content these holidays
5 top leg exercises for men
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.