Buitelandse oud-leerder skenk 80 pare skoene

2017-08-03 06:00

’n Oud-leerder van Dower Practising laerskool op Uitenhage, wie jare gelede na Australië immigeer het, het besluit dit is tyd om haar alma mater te ondersteun deur 80 pare splinternuwe skoolskoene te skenk.

Sy het 34 jaar gelede haar destydse standerd 5 (nou graad 7) aan die skool voltooi. Die skenker het versoek dat haar naam nie genoem word nie.”Dower se skoolhoof Marthinus Steyn sê die oud-leerder se onbaatsugtige gebaar was ’n baie welkome verrassing vir die skool en leerders.

“In die 12 jaar wat ek hier by die skool is het ons nog nooit so ’n groot skenking ontvang nie. Dit is raar, want dit wil voorkom of mense van hul laerskooldae vergeet. Hoërskole het alumni en daar word reünies gehou, maar dit is nie sommer iets op ’n laerskool se kalender nie,” het Steyn gesê.

Die gelukkige 80 leerders wat elkeen met ’n paar blinkswart nuwe skoene huistoe is, was baie in hul noppies met dié geskenk uit die buiteland!

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.